Sandbaai  Akkommodasie by Snails' End Cottage | LekkeSlaap
+7
+7

Snails' End Cottage

  • Vanaf R1 100 per nag (vir 3 persone)
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: West Endstraat 17, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Snails' End Cottage is 'n selfsorg kothuis in 'n stil voordorpie van Hermanus. Dis baie naby die strand en seepad.

Ons akkommodeer twee gaste in die hoofslaapkamer op twee enkelbeddens. Daar is ook 'n gemaklike dubbel-slaapbank in die oopplan sitkamer. Bedlinne en handdoeke (buiten swemhanddoeke) word voorsien, en daar is 'n TV met DStv, verwarmers vir koel wintermaande in die slaapkamer en sitkamer. Daar is 'n stort, wasbak en toilet in die badkamer én komplimentêre toiletbenodighede.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, yskas, mikrogolfoond, gasvryheidskinkbord en ander nodgie kombuisgereedskap. Daar is 'n stoep en braaiplek. Afdrooglappe en 'n skottelgoedwasser word ook voorsien.

Die kothuis het sy eie ingang, en daar is baie parkeerplek beskikbaar.
Kinders is baie welkom hier. Klein hondjies is ook baie welkom, maar slegs indien dit vooraf so gereël is.

Ons is naby vier gholfbane en lieflike staproetes, die pragtige Fernkloof Natuurreservaat, en baie moderne wynlandgoedere in die Hemel-en-Aarde Vallei daarnaby.
Van Augustus tot Desember is dit baie spesiaal om na walvisse vanaf die kloofpad te kyk, en haaihokduik is naby.

Snails' End is perfek vir toeriste, vakansiegangers en sakelui. Ons bedien 'n vol of kontinentale ontbyt in die kothuis.

Slaapplek

’n Bespreking by Snails' End Cottage sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 20 resensies vir Snails' End Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • West Endstraat 17, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Snails' End Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (vir 3 persone)
Vanaf R1 100
per nag (vir 3 persone)
Vanaf R1 100
per nag (vir 3 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: West Endstraat 17, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI4NWViMDY0LWI2Y2MtNDU2OC1iMzQxLWE5MDJlMWYzMTQ4Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (vir 3 persone) 20 5 1 5 17 West End Street Sandbaai 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.419887846629 19.187874904209
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za