Soetdoring Selfsorg
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R328, Zeekoegat Plaas, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Soetdoring Selfsorg is in 'n stil en rustige omgewing met 'n uitsig op die Outeniekwaberge geleë. Dié ongekunstelde wegbreek bied selfsorgverblyf net 7 km vanaf Oudtshoorn.
Dit is die ideale wegbreekplek vir paartjies, gesinne en vriende van alle ouderdomme en bied selfsorgverblyf in kliphuisies of lieflike hout-cabins. Die eenhede het lugversorging, gemaklike dubbelbeddens of enkelbeddens en privaat badkamers met storte, toilette en wasbakke.
Elke eenheid het 'n kombuisie wat met 'n mikrogolfoond, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus is, asook 'n lekker kaggel vir die koue wintermaande. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Die eenhede lei na lieflike stoepe met sitplek en braaigeriewe waar gaste die uitsig kan geniet. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Daar is 'n rits aktiwiteite, soos wandel- en voetslaanroetes en bergfiets- en 4x4-roetes in Oudtshoorn. Gaste kan besienswaardighede in die area soos die Kangogrotte, Volstruisplaas, CP Nel Museum of die CJ Langenhoven Museum besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Kristy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 83
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Langs die R328, Zeekoegat Plaas, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Gaste dink Soetdoring Selfsorg het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oudtshoorn Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R328, Zeekoegat Plaas, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap