Sophia's Close Langezandt

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sophia's Close Langezandt is 'n grasdak-vissershuisie met houtvensters en gepleisterde mure in Langezandt Fisherman's Village in Struisbaai.

Dié huis het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers, waarvan 2 en suite is. Die eerste slaapkamer is in die hoofhuis en het 'n dubbelbed. Die tweede slaapkamer is in die kothuis en het 'n dubbelbed en het sy eie badkamer. Die derde slaapkamer is 'n kinderkamer en het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas, broodrooster, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Daar is ook 'n etenstafel en 'n leefarea met vol DStv-pakket. Die huis het 'n binnehof met 'n onderdak-kuierarea en 'n ingeboude braai.

Beddegoed word voorsien, bring asseblief eie handoeke saam.

Gaste kan verskeie watersportsoorte in die area geniet, insluitend kajakvaart en vlieërbranderry. Besienswaardighede in die area sluit die Agulhas Nasionale Park, Spookdraai-voetslaanroete en Waenkransgrot in.

Slaapplek

'n Bespreking by Sophia's Close Langezandt sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sophia's Close Langezandt gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 250 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za