Stones Throw

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stones Throw bied gerieflike selfsorgverblyf en is in Voëlklip, Hermanus, geleë. Dié perseel het 4 eenhede wat aanmekaar geheg is wat afsonderlik of saam bespreek kan word vir groter groepe. Gaste kan buite ontspan in die ruim tuin wat uitkyk op die berge. Die bekende Blouvlagstrand, Grottostrand, en Fernkloof se voetslaanroete is net 20 min se stap vanaf die perseel.

Stones Throw is ideaal om vriende en familie te onthaal rondom die braai. Die perseel het 24 uur-sekuriteit. Daar is gemeenskaplike wasgoedgeriewe met 'n outomatiese wasmasjien, tuimeldroër en plek buite vir die wasgoed om droog te word.

Die Wes-eenheid beskik oor 1 slaapkamer met 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea en het slaapplek vir 2 gaste. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuis het 'n yskas, vierplaatstoof, oond, mikrogolfoond en oorgenoeg pakplek. Daar is ook 'n TV met 'n basiese DStv-pakket en bied toegang tot 'n stoep met 'n braai-area. Gaste het toegang tot 'n privaat ingang en parkeerplek op die perseel.

Die eenheid in die middel is knus tussen die Wes- en Oos-eenhede. Dié eenheid beskik oor 2 slaapkamers, 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea en het 'n mezzanine-solderarea. Daar is slaapplek vir 4 gaste. Die grondvloer se slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die solderkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ouwêreldse kombuise is toegerus met 'n induksieplaat, ketel, yskas en oorgenoeg pakplek. Die eenheid het toegang tot gemeenskaplike geriewe, 'n privaat ingang en parkeerplek op die perseel.

Die Oos-eenheid bied 'n lekker leefarea met 'n kombuisie en eetarea. Die eenheid het slaapplek vir 6 gaste. Die slaapkamer op die grondvloer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n aparte badkamer met 'n stort op die grondvloer. Die mezzanine-solderarea het 4 enkelbeddens. Die eenheid het toegang tot alle gemeenskaplike areas soos die buitebraai, ruim tuin en die gemeenskaplike wasgoedgeriewe. Gaste het toegang tot 'n privaat ingang en parkeerplek op die perseel.

Stones Throw se boonste eenheid kan met of sonder die Wes-eenheid bespreek word. Die boonste eenheid beskik oor 1 kamer met 'n dubbelbed, kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskas en 'n ketel en 'n badkamer met 'n stort. Gaste het toegang tot 'n privaat ingang via die slingertrap met 'n balkon. Gaste het toegang tot gemeenskaplike geriewe soos die tuin, braai-area en wasgoedgeriewe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stones Throw gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R660 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false