Hartenbos Akkommodasie by Sunny Sands Self Catering Apartment | LekkeSlaap
+16
+16

Sunny Sands Self Catering Apartment

2 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-laan, La Mer Apartments, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Sunny Sands Self Catering Apartment in Hartenbos is onlangs opgeknap en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is 5 minute se stap vanaf die strand en is naby die waterfront, restaurante, geskenkwinkels, 'n supermark en aktiwiteite. Daar is 'n waterpark met waterwurms, mini-gholfbane, buiteswembaddens, 'n verhitte binneswembad en gimnasium.

Dié woonstel is op die eerste verdieping en beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 2 slaapbanke in die woonkamer. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Koopkrag is vir gaste se eie rekening. Die eenheid het 'n privaat balkon met braaigeriewe.

Daar is onderdakparkeerplek vir 1 voertuig agter 'n sekuriteitshek.

Slaapplek

’n Bespreking by Sunny Sands Self Catering Apartment sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 2 resensies vir Sunny Sands Self Catering Apartment
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Port Natal-laan, La Mer Apartments, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sunny Sands Self Catering Apartment het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 6)
Vanaf R950
per nag (plek vir 6)
Vanaf R950
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-laan, La Mer Apartments, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9816e23b319bd94a099016a2adbe7b3d23447f425fa9580248d5e230810fafcc52753cc40eea4cd7a76d367a4c2dcaa589cf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 Port Natal Avenue La Mer Apartments 6520 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-19:00 10:00 -34.129339535335 22.111932561659
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za