Hazyview Akkommodasie by The A-Frame | LekkeSlaap
+15

The A-Frame

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R40, Hazyview, 1241, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 600 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

The A-Frame is 'n ruim huis in Hazyview wat verblyf aan 'n groot gesin met kinders of 'n vriendegroep bied. Daar is slaapplek vir 10 gaste.

Dié huis beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die 1 badkamer het 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir 2 kinders en die laaste kamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die ruim kombuis is met 'n stoof, mikrogolf, 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n ontbythoekie en 'n etenstafel. Die sitarea het 'n TV met DStv.

Die huis lei na 'n onderdak stoep met 'n uitsig oor die tuin en buitebraaigeriewe is beskikbaar. Gaste het ook toegang tot die swembad en veilige parkeerplek.

Hazyview bied verskeie doendinge, soos riviervaart, voetslaan, lugballonvlugte en inkopies by Laeveld Mall. Gaste kan ook die Shangana Cultural Village besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by The A-Frame sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Dubbelbed Kinderstapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xKinderstapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Ligging

  • Langs die R40, Hazyview, 1241, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 600
per nag (plek vir 10)
Vanaf R2 600
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R40, Hazyview, 1241, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAARQJ2JB1qG5vsfbBwQZRLKVceZmBT1jR3FD1t093nY2zSJpKyNZ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 600  per nag (plek vir 10) Off the R40 Hazyview 1241 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.062848761433 31.118906604968
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za