Joostenbergvlakte  Akkommodasie by The Vineyard Group | LekkeSlaap
+24

The Vineyard Group

5 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kestrelstraat 31, Kraaifontein, Kaapstad, 7570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R425 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Vineyard View is 'n gaste-suite op die eienaar se perseel in Joostenbergvlakte en grens aan die Kaapse Wynlande. Dié eiendom is die ideale basis vanwaar gaste die Noordelike Voorstede, Durbanville Wynroete, Paarl Wynlande, Franschhoek, Stellenbosch en Somerset-Wes kan besoek.

Verblyf word in 3 eenhede gebied met slaapplek vir 8 gaste. Die 3 eenhede is The Vineyard View, The Vineyard East en The Vineyard West. The Vineyard East het 'n privaat ingang, het slaapplek vir 2 volwassenes en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n dubbelwasbak en 'n toilet.

The Vineyard View is 'n gedeelte van die eienaar se en het slaapplek vir 4 gaste. Daar is 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die ander kamer het 'n oopplan-kroeg, 'n kombuisie, 'n pool-kamer en 'n sitkamer. Die kombuisie is met verhit- en eetgeriewe, soos 'n yskassie, tweeplaatstoof, oondjie, mikrogolfoond, elektriese braaipan, ketel en 'n broodrooster toegerus. Die sitkamer het 'n sitkamerstel en 'n TV. Die pool-kamer het 'n pool-tafel en 'n dubbelslaapbank. 2 enkelbeddens is op versoek beskikbaar.

The Vineyard West bied slaapplek aan 2 gaste en het 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer wat 'n bad met 'n handstort en 'n toilet het. Ander geriewe sluit 'n yskas, mikrogolf, ketel en broodrooster in.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek met plek vir 4 voertuie. The Vineyard Group is 28 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en 35 km vanaf die Kaapse middestad.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 5 resensies vir The Vineyard Group
Netheid
4.2/5
Diens
4.0/5
Ligging
3.6/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Kestrelstraat 31, Kraaifontein, Kaapstad, 7570, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Vineyard Group het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R425
per nag (plek vir 2)
Vanaf R425
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kestrelstraat 31, Kraaifontein, Kaapstad, 7570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdhG0vMZvDmMGgAaJqoJOjpsa9mCRbUX4U0bpgKD8XtaU0VlPj3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R425  per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 31 Kestrel Street Kraaifontein 7570 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.825699526021 18.741666317791
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za