Tomma se Huis
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Galicostraat 1, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Tomma se Huis bied selfsorgverblyf in die kusdorpie, Langebaan. Dis ideaal naby die strand en strandmeer geleë.
Akkommodasie bestaan uit 2 eenhede, naamlik Tomma se Huis en Tomma se Woonstel. Hierdie eenhede word deur 'n patio van mekaar geskei. Die eenhede kan afsonderlik of saam bespreek word.
Daar is slaapplek vir 5 gaste in die hoofhuis met 2 slaapkamers. Die hoofhuis se eerste slaapkamer het 'n 2 enkelbeddens wat teen mekaar geskuif kan word om 'n koninggrootte-bed te vorm. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Daar is ook 'n ekstra slaapbank in die leefarea. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer, een met 'n bad en die ander met 'n stort. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond, broodrooster, wasmasjien en tuimeldroër. Die huis het ook 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n buitestort en braai-area.
Die aparte eenheid het 'n dubbelbed en 'n enkelbed wat 3 persone kan akkommodeer en die badkamer het 'n stort. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, induksieplaat, mikrogolfoond en kookware. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Besienswaardighede in die omgewing sluit Elandsfontein Privaat Reservaat, Langebaan Gholfklub, Weskus Nasionale Park, Club Mykonos Casino, Langebaan-strandmeer, strande en Postberg Blomreservaat in.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
Hier praat ons
- Afrikaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.5/5
Hendrien Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Jaar gelys 6
Ligging
- Galicostraat 1, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Tomma se Huis het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Galicostraat 1, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom