Vista Bonita Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vista Bonita Apartments is pragtig ingerigte eenhede in Diaz-strand in Mosselbaai. Elkeen van ons eenhede is ruim en maak oop op 'n beskutte balkon met asemrowende uitsigte oor die see en swemstrand.

Daar is 6 woonstelle. Dolfyn is 'n tweeslaapkamer-eenheid met 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Dit het ook 'n beskutte balkon met asemrowende uitsigte. Geelstert is 'n tweeslaapkamer-eenheid met 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Dit het ook 'n beskutte balkon met lieflike uitsigte. Kingklip het 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n oopplan-kombuis en -leefarea en 'n beskutte balkon met pragtige uitsigte. Kabeljou het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea met 'n ingeslote balkon met pragtige uitsigte. Steenbra het 2 slaapkamers, 2 badkamers, ’n oopplan-kombuis en -leefarea asook ’n balkon met ’n pragtige uitsig. Makriel het 2 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Kiewiet het 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea.

Linne word voorsien in al die slaapkamers, asook vir die slaapbank. Onthou net om jou eie handdoeke saam te bring. Indien jy daaglikse skoonmaakdienste verlang, kan dit gereël word teen 'n ekstra koste. Braaigeriewe is ook beskikbaar op die dak van die gebou met asemrowende, panoramiese uitsigte oor die see, strand, Mosselbaai en Hartenbos.

Daar is 'n geriefswinkel op die grondvloer van die woonstelgebou en jy kan die nodige goedjies daar koop. Daar is ook 'n koffiewinkel en klerewinkel vir ekstra gerief. Ongeveer 100 m van die gebou af sal jy die Diaz Hotel vind, waar jy ontbyt, middagete en aandete kan nuttig. Dit is ook net 'n kort wandeling van die plaaslike kroeg, Pirates Pub, af waar jy 'n skemerkelkie kan geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vista Bonita Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za