Vista Bonita 32

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Apr 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Vista Bonita 32 is in 'n sekuriteitskompleks in Mosselbaai.

Dié woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis en sitkamerarea het 'n oopplan-uitleg. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond met 'n stoof, eetgerei, breekware, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n TV met 'n DVD-speler en 'n slaapbank. Gaste mag hulle eie DStv-dekodeerder saambring. Die sitkamer lei na 'n stoeparea met 'n gedeeltelike uitsig oor die see en het 'n draagbare braai.

Braaigeriewe is op die dak van die kompleks beskikbaar met panoramiese uitsigte oor die omliggende omgewing. Die kompleks is naby restaurante, winkels en menigte doendinge en besienswaardighede op die Tuinroete.

Slaapplek

'n Bespreking by Vista Bonita 32 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vista Bonita 32 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 R600 per nag (plek vir 6)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Apr 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]