Vyver's Rus
- Kapasiteit: 17 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Die Eike, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Vyver's Rus is op 'n privaat plaas sowat 10 km buite Ladismith aan die voet van die Klein-Swartberge in die Klein-Karoo geleë. Verblyf word gebied in 2 bekoorlike selfsorgkothuise. Hierdie kothuise het uitsigte oor 'n dam waar gaste rustig kan ontspan. Die plaas is op die bekende Roete 62 geleë en die hoofroetes wat na Kaapstad en Oudtshoorn lei is maklik van hier af bereikbaar.
Kliphuis het slaapplek vir 6 gaste. Dié oopplan-kothuis het slaaparea onder, 'n solderkamer, privaat badkamer en 'n oopplan-leefarea. Die leefarea het 'n tafel met 6 stoele, 'n toegeruste kombuis en gerieflike banke. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n piekniekbankie en bied 'n pragtige uitsig oor die dam en op die berg. Die kothuis gebruik sonkrag en 'n gasgeiser vir warm water.
Veldhuis het 2 slaapkamers met slaapplek vir tot 4 gaste. Daar is 1 dubbelbed in die hoofslaapkamer, 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer, 'n privaat badkamer, 'n oopplan-kombuis en -eetkamer en 'n gerieflike sitkamerarea. Die eetarea is toegerus met 'n eetkamerstel, goed toegeruste kombuisie en 'n kaggel. Hout en braaigeriewe is beskikbaar. Die leefarea het 'n uitsig op die Towerkopberg.
Doendinge in en om die omgewing sluit staproetes en perdry, 4x4-roetes, wildkyk, wynproe en voëlkyk in. Gaste kan die Touwsberg Privaat Wild- en Natuurreservaat besoek wat sowat 35 van die plaas af is.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Christel Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 88
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Die Eike, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Gaste dink Vyver's Rus het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Klein-Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 17 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Die Eike, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom