LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Warthog's Den | LekkeSlaap
+56

Warthog's Den

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 42 resensies vir Warthog's Den
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5
Jacques M - Apr 2022
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacques M
Gesin met tieners

Lekker plek, lekker mense!

Johann en Adelle is baie goeie gashere! Kan definitief aanbeveel en sal weer teruggaan!

Warthog's Den se terugvoer

Hi Jacques,

Baie dankie vir die positiewe resensie. Sal baie lekker wees as jul gou weer vir ons kom kuier.

Groete,
Adélle

Warthog's Den
Zelna E - Feb 2022
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Zelna E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gasheer en gasvrou het ons baie tuis laat voel.

Ons het elke oomblik baie geniet kan aanbeveel vir enige iemand.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie vir die komplimente Zelna! Sal lekker wees as jul weer kom kuier!

Warthog's Den
Elizna E - Nov 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elizna E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker gekuier, en Adelle en Johan doen baie moeite om mens tuis te laat voel en die tyd daar te geniet. Sal beslis weer gaan.

Plek is baie skoon en netjies. Dankie weereens vir al die moeite en hulp om my man se verjaarsdag 'n sukses te maak met al die versoeke wat ek gevra het om die verrassing vir hom moontlik te kon maak.

Warthog's Den se terugvoer

Hi Elizna,

Baie dankie vir jou mooi resensie. Dit wat 'n absolute plesier om jul te huisves en jul naweek spesiaal te maak. Hoop regtig om jul weer te sien.

Groete,
Adélle

Warthog's Den
Sandra B - Nov 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sandra B
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Heerlike kuier in 'n netjiese plek met fantastiese gasvryheid van Johan en Adèlle.

Baie dankie Johan en Adèlle, julle gasvryheid, skoon, moderne blyplek in die stil, bosveldomgewing is amazing en ons sal dit aanbeveel by enige iemand.

Warthog's Den se terugvoer

Hi Sandra, baie dankie vir die mooi resensie! Sal lekker wees as jul weer kom kuier by ons.

Warthog's Den
Elna V - Sep 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Elna V
Enkelreisiger

Baie lekker gekuier.

Was daar vir 'n troue, so meer uit gewees as by die verblyf. Maar dis baie nice gewees.

Warthog's Den se terugvoer

Dankie vir jou positiewe resensie Elna!
Groete,
Adélle

Warthog's Den
Shaun G - Aug 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Shaun G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Super clean and professional service.

We had an amazing stay at Warthog's Den. Beautiful picturesque surroundings. Amazing breakfast. Johan is a qualified Field Guide which made the 4x4 game drive not just exciting and fun, but also educational. Warthog's Den is setting the benchmark very very high, with their professional service and cleanliness. Highly recommended and do the game drive.

Marius N - Apr 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marius N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekend! Die beste ervaring nog!

Wat 'n ongelooflike ervaring, met ons aankoms by die gastehuis is ons verwelkom deur die eienaars, Adelle en Johan. Na 'n hartlike groet, is ons so kort geskiedenis van die plekkie gegee en verduideliking van die reels waarna ons na ons eenheid geneem is. Die eenhede is baie skoon en netjies en het alles wat benodig word. Die boma kuier area is ook baie goed beplan en daar is lekker gebraai in die aande. Johan en Adelle se gasvryheid ken geen perke. Ons het vir Saterdag-oggend 'n wildsrit bespreek, wat deur Johan gedoen is en het baie geleer oor die diere, veld en plantlewe op Kranspoort, die beste wildsrit nog ooit. Halfpad deur is ons bederf met lekker "muffins" en koffie, bo-op die berg met die mooiste uitsig oor Kranspoort en die aand is ons saam met Johan en Adelle en vriende op die berg om die sonsondergang te bewonder. Wil net vir Johan en Adelle weereens bedank uit die diepte van ons harte. Soos die bordjie sê wanneer mens Kranspoort verlaat, “Enter as a guest, leave as a friend”, ons voel beslis dat ons daar aangekom het as gaste en voel beslis of ons vriende daar gelos het.

Warthog's Den se terugvoer

Ai Marius en Vanessa.... ek pik sommer 'n traantjie as ek jul mooi resensie lees. Jul is vir seker nou deel van die vriendekring! Ons waardeer dit opreg en ons glo jul sal gou weer by ons kom kuier!

Warthog's Den
Paul W - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Paul W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Well done

Warthog's Den kan beslis aanbeveel word. Kranspoort is 'n pragtige bestemming vir 'n rustige kuier! Ons het die verblyf baie geniet. Die kamer was baie skoon en netjies. Die tuin en omgewing het ons baie geniet, asook die swembad. Die netheid van die hele perseel is puik Die kans wat ons gehad om laatmiddag die sonsondergang te aanskou nadat ons die 4x4-wildsrit gedoen het die oggend was 'n hoogtepunt. Dankie aan Johan en Adele wat uit hulle pad gegaan het om dit vir ons aangenaam te maak. Johan se kennis van die veld was verstommend en dit het ons baie geleer. Weereens, sien gou weer.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie Paul vir jou opregte terugvoer! Ons hoop regtig jul kom kuier weer vir ons in die toekoms. Dis altyd lekker om ons stukkie paradys met ons gaste te deel.
Groete,
Johan en Adélle

Warthog's Den
Andrisha V - Des 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andrisha V
Gesin met tieners

Very neat, comfortable and excellent service.

Very neat, comfortable and excellent service, would definitely visit again.

Warthog's Den se terugvoer

Hi Andrisha! Thank you very much for the positive review. We do our best to ensure all our guests have a most pleasant stay and it is good to know that we succeed. It will be our pleasure to welcome you back some time soon!

Regards,
Adélle

Warthog's Den
Uegene W - Des 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Uegene W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vriendelik

Waarde vir geld. Sal definitief weer kom.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie Uegene. Ons sal jul met graagte weer verwelkom.
Groete, Adélle.

Warthog's Den
Neels S - Des 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Neels S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig aangename verblyf.

Ons het die verblyf baie geniet .Die kamer was baie netjies en skoon.Ons het die tuin en omgewing geniet asook die swembad. Die kans wat ons gehad om laatmiddag die sonsondergang te aanskou asook die 4x4 wildsrit was 'n hoogtepunt. Dankie aan Johan en Adele wat uit hulle pad gegaan het om dit vir ons aangenaam te maak .

Warthog's Den se terugvoer

Hallo Neels,

Opregte dank vir die mooi resensie. Dit sal 'n plesier wees om jul weer in die toekoms te huisves.

Groete, Adélle

Warthog's Den
Corrie J - Des 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Corrie J
Gesin met klein kinders

Heerlike bosveldkuier!

Warthog's Den kan beslis aanbeveel word. Kranspoort is 'n pragtige bestemming vir 'n rustige kuier!

Ann S - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ann S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Perfect.

We were warmly welcomed and everything was just cozy and very relaxed.

Warthog's Den se terugvoer

Hi Ann,
Thank you so much for the compliments. We also enjoyed hosting you and you're welcome to visit us again, please!
Regards,
Adélle

Warthog's Den
Maxi W - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Maxi W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Very comfortable, awesome hosts.

Ideally situated and close to Loskop Dam. The estate has a great 9 hole golf course. Johan and Adelle are super hosts. Lots of game on your doorstep. Well worth the stay.

Warthog's Den se terugvoer

Thank you so much Maxi. Hope you'll stay with us again soon.
Regards,
Adélle

Warthog's Den
Coen S - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Coen S
Saam met vriende

Fantasties.

Dit is soos ’n huis weg van jou huis. Regtig ’n pluspunt is die netheid van die hele perseel.

Warthog's Den se terugvoer

Hallo Coen,

Baie dankie vir jou mooi resensie! Ons het so lekker saam met julle gekuier, hoop jul kom weer.

Groete,
Adélle

Warthog's Den
Lizette J - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lizette J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ideale wegbreeknaweek tussen die diere.

Heerlike ontspanning vir stadsjapies: stap in die natuur; bergfietsry. Verblyf skoon en netjies en goeie waarde vir geld. Dis heerlik om by die swembad te sit en geen ander huise te sien nie, net die vlakvarke wat naderkom om bederf te word! Wildrit was onvergeetlik - definitief 'n moet vir al die gaste!

Warthog's Den se terugvoer

Hi Lizette,
Baie, baie dankie vir die mooi, positiewe resensie. Ek glo ons sien jul gou weer.
Groete, Adélle.

Warthog's Den
Silvia H - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Silvia H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike wegbreek.

Baie mooi skoon plek, asemrowend mooi natuur en so rustig. Johan en Adel baie dankie vir julle vriendelikheid en gasvryheid. Ons het lekker gerus en ons sal beslis weer kom kuier.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie vir die resensie Sylvia! Ons sien uit na jul volgende kuier.

Groete,
Adélle

Warthog's Den
Johann M - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johann M
Saam met vriende

Baie aangename en rustige vakansiebestemming en waarde vir geld.

Johan en Adelle het uit hulle pad gegaan om ons tydjie daar so aangenaam moontlik te maak. Kamers en alle fasiliteite skoon en netjies. Ideaal vir 'n rustige wegbreek in 'n pragtige bosveldomgewing. Die wilde diere wat kom inloer het was 'n bonus en die wildrit moenie misgeloop word nie. Word sterk aanbeveel en ons sal beslis weer teruggaan.

Warthog's Den se terugvoer

Johann, baie dankie vir die resensie. Julle is altyd welkom om weer te kom kuier.
Groete, Adélle.

Warthog's Den
Marlie N - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marlie N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beeldskoon.

Baie mooi en die natuur is so mooi. Lekker air-cons in die kamers.

Warthog's Den se terugvoer

Marlie,

Baie dankie vir die baie positiewe resensie. Ons waardeer dit opreg. Ons glo jul sal sommer binnekort weer by ons kom kuier.

Groete,
Adélle

Warthog's Den
Karien S - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Karien S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Value for money, friendly staff and quiet getaway.

We had a great time with clean facilities, well equipped. Staff was excellent and helpful.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie vir jou terugvoer Karien. Ons hoop om jul sommer gou weer te sien.

Groete,
Adélle

Warthog's Den
Melané V - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Melané V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker gerus. Vriendelike mense.

Baie aangename mense wat jou baie welkom laat voel en jou naweek ekstra spesiaal maak. Baie goedjies om te doen in die omgewing.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie vir jou resensie Melané! Kom kuier gerus weer by ons.
Groete
Adélle

Warthog's Den
Magda F - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Magda F
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike wegbreek plekkie in die natuur.

Warthog's Den is dié perfekte plekkie vir almal wat hou van wildlewe en die natuur. Gasvryheid is tops by Warthog's Den, ons is baie hartlik ontvang en het dadelik tuis gevoel. 'n Pragtige plekkie - is baie mooi, skoon en het alles wat jy nodig mag kry. Baie dankie Adéle en Johan vir die heerlike kuiers en wildritte met verassings daarby. Ons sal baie graag weer gaan kuier en beveel verseker Warthog's Den aan. Dit is 'n juweel in die bos!

Warthog's Den se terugvoer

Hi Magda,

Baie dankie vir hierdie fantastiese resensie! Ons sal jul met graagte weer by ons laat kuier. Hoop ons sien jul sommer gou weer.

Groete
Adélle

Warthog's Den
Cecilia C - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cecilia C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekend het ons verwagtings oortref.

Warthog's Den het ons verwagtings oortref. Dis 'n lekker wegbreek vir 2 mense in die bosveld. Het heelwat diere gesien met die wildrit en dit was regtig 'n belewenis. Die sonsondergang oor Loskopdam was ook baie mooi. Die plek is smaakvol gemeubileer, met lugversorging in die kamer. Die area rondom Loskopdam is ook 'n goeie toeristebestemming. Sal beslis weer gaan wanneer ons 'n geleentheid het.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie vir jou terugvoer Cecilia. Ons hoop regtig dat jul weer in die toekoms hier sal kom kuier.
Groete
Adélle

Warthog's Den
Emmerentia K - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Emmerentia K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties, gemaklik, pragtige omgewing. Wonderlike gasheer (Johan) en gasvrou (Adelle).

Hier is nie genoeg plek om ons wonderlike verblyf, die gasvryheid van Warthog's Den en die ontspannende atmosfeer en fasiliteite te omskryf nie. Jou spesiale ondervinding begin met 'n hartlike verwelkoming deur Johan en Adelle. Jou blyplek is van hoë gehalte en die eenheid ontbreek niks nie. Alles is skoon en die eenheid baie gerieflik. Jy wil net afpak en begin ontspan. Daar is 'n swembad waar jy kan afkoel. 'n Afgesonderde lapa met bankies en stoele. In die middel, is soos Johan verduidelik het, die Bosveld-TV ─ die vuurmaakplek waar jy beskut en gemaklik kan ontspan. Lekker privaat teug jy aan jou verversings en pak 'n houtjie op die vuur wat vriendelik verskaf word. Die natuurskoon is asemrowend. Stil, geen geraas, niks doef-doef of lawaai nie. As jy jonk is en wil party is die dalk nie die plek vir jou nie. As jy wil skoene uitskop, bietjie terugkeer en die natuur wil geniet, voëltjies en diere kyk, is hierdie die plek vir jou. Om daar uit te kom is 'n japtrap. Ons stel voor jy ry die roete wat jou deur Middelburg vat, op pad Groblersdal toe. Warthog's Den is so 40 km buite Middelburg op hierdie pad. Sodra jy deur die ingang ry, begin jou avontuur. Maak asseblief gebruik van Johan se vriendelike diens om op 'n wildrit te gaan. Beslis die moeite werd! Julle mag dink ek kry 'n ou footjie vir my terugvoer, maar beslis nie! Ek en my beste helfte kan nie wag om weer daar te gaan afpak en kuier nie. Duisend dankies Johan en Adelle!

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie vir hierdie gedetaileerde resensie. Jul was 'n absolute plesier om te akkommodeer. Ek glo ons sien jul gou-gou weer.
Groete
Adélle

Warthog's Den
Ciska K - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Ciska K
Gesin met klein kinders

Skoon en netjies.

Skoon en netjies. Baie stil.

Tertius D - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tertius D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was uitstekend.

Die verblyf is uitstekend gewees. Mense is vreeslik vriendelik en bedagsaam. Hulle maak seker dat enige iets wat jy mag nodig kry gedurende jou verblyf daar is. Sal verseker mense na Warthog's Den toe verwys.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie Tertius, ons het heerlik saam met jul gekuier. Hoop ons sien jul sommer gou weer.
Groete,
Adélle.

Warthog's Den
Carel J - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carel J
Gesin met tieners

Uiters netjies en vriendelik.

Baie netjies en mooi. Kamers het alles in wat mens mag benodig. Die gasvryheid was die hoogtepunt van die kuier. Baie dankie. Ons sien julle weer!

Warthog's Den se terugvoer

Dankie Carel en gesin,

Ons het jul kuier net so geniet. Julle voel nou sommer soos familie en dit sal lekker wees om julle weer te sien!

Groete,
Adélle

Warthog's Den
Rassie J - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rassie J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Puik gasvryheid, opregte vriendskap en ware liefde vir die mens en dier.

As jy wil wegbreek van die lewe se haas en gewoel vir perfekte rus en vrede, vind jy hier die simbiose tussen mens natuur.

Elize D - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Elize D

Baie rustig en smaakvol.

Johan en Adele is puik gastepaar. Hul plek is smaakvol ingerig. Kon ongelukkig nie heel naweek bly nie, maar het plek aanbeveel vir 'n kollega wat dadelik bespreking gedoen het.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie Elize! Dankie ook vir jou verwysing.
Groete,
Adélle

Warthog's Den
Nicolene P - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nicolene P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Doen weer ervaring!

Johan en Adele was van ons aankoms tot vertrek net die beste! Ons sal beslis weer na hierdie gastehuis gaan. Waarde vir geld in die mooiste omgewing.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie Nicolene! Julle was ook net 'n groot plesier as gaste. Sien julle gou weer.

Warthog's Den
Sureen B - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Sureen B
Gesin met tieners

Will definitely recommend Warthog's Den to all our friends and family. Great stay for the price.

Wonderfull place in a beautiful area. Peaceful and safe with antelope and warthog dwelling among the houses. Johan and Adelle you are the best hosts ever.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie Sureen. Dit was vir ons 'n voorreg om jul te akkommodeer.
Groete,
Adélle

Warthog's Den
Hannie H - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hannie H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wonderlike blyplek, Adel en Johan fantasties! Gasvry en so gemaklik aangenaam! Dankie julle.

Hierdie twee geniet wat hulle doen. 'n Wonderlike tydjie gehad. Niks ontbreek nie. Baie dankie julle!

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie Hannie, julle was fantastiese gaste om te akkommodeer. Ons het dit so geniet om saam met jul te kuier.

Warthog's Den
Amanda B - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Amanda B

Rustig en gasvry.

Adelle en Johan is gasvry en sien baie goed om na die gaste se behoeftes. Het die wildrit baie geniet, was die beste deel van die verblyf.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie Amanda. Jul was 'n plesier om te ontmoet en lekker saam te kuier, ek glo on sien jul binnekort weer!

Warthog's Den
Marisa B - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Marisa B
Gesin met klein kinders

Goeie kommunikasie, baie goeie toegeruste kamers.

Ons het al 3 eenhede bespreek en die kamers is baie goed toegerus, van heerlike beskuit tot muskietweerder. Die kamers is nie baie groot nie, maar ek dink meeste mense verkies om meer tyd buite te spandeer. Heerlike warm swembad (nie omhein) en baie stil omgewing, aan die agterkant is dit net bosveld. Braai-area beskikbaar.

Warthog's Den se terugvoer

Goeiedag Marisa,

Baie dankie vir jou terugvoer. Hoop jul kom kuier weer.

Groete,
Adélle

Warthog's Den
Itricia C - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Itricia C
Gesin met klein kinders

Dit was 'n onvergeetlike ervaring.

Ons het dit so geniet en gery as vriende. Baie dankie vir die gasvryheid.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie Trish, ons hoop ons sien jul gou weer. Ons het so lekker saam met jul gekuier.

Groete,
Adélle

Warthog's Den
Gerhard P - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerhard P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Definitely recommended.

Baie nice en aan te beveel.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie Gerhard, hoop julle kom kuier weer!

Groete,
Adélle

Warthog's Den
Jacques J - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacques J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik en rustig.

Ek en my vrou het 'n heerlike tyd gehad. Dit was vir ons lekker om 'n bietjie te ontspan in die bos. Baie dankie vir julle gasvryheid, behulpsaamheid, en die heerlike ontbyt elke oggend. Ons het dit opreg geniet, en sal julle hopelik weer binnekort sien.

Cheryl M - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cheryl M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Stunning accommodation in beautiful surroundings with excellent and friendly hosts.

We thoroughly enjoyed our stay at Warthog's Den - the accommodation is stunning and very comfortable! The breakfast was delicious and perfectly prepared. Johan and Adelle (the owners) took us on a game drive within Kranspoort Vakansie Dorp, which was very enjoyable and peaceful. We highly recommend Warthog's Den.

Warthog's Den se terugvoer

Thank you so much Cheryl, It was an absolute pleasure hosting you. We hope to see you again soon!

Regards,
Adélle

Warthog's Den
Jan V - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jan V
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Stukkie hemel in die bos.

Wat 'n wonderlike paar dae van natuurskoon en stilte. Die kamers is ruim, skoon en netjies en alle geriewe beskikbaar. Die boma is 'n wondelike braai-area en ons nagte om die kampvuur was ongelooflik onder die sterre. Selfs 'n verrassing verjaarsdagkoek gekry! As jy opsoek is na 'n privaat wegbreek van die stad se lawaai, is Warthog's Den die plek om te gaan. Adelle en Johan, baie dankie vir jul gasvryheid. Julle het 'n pragtige plek, een wat ons definitief weer sal besoek!

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie julle! Hoop ons sien jul sommer gou weer.

Warthog's Den
Lizette N - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lizette N
Gesin met tieners

Best weekend ever. We were treated like kings. Will visit again.

Recommend this to every one.

Warthog's Den se terugvoer

Thank you Lizette, it was a pleasure having you guys as guests. It felt like longtime friends visiting. We also had a fun-filled time. We'd love you to visit again.

Warthog's Den
Hannelie D - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hannelie D
Saam met vriende

Enjoyed our stay! Would definitely recommend it.

Relaxed, clean and private. Exactly what we hoped for. Nice route for mountain biking. Will visit again.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie Hannelie. Dit was heerlik om jul as gaste te hê. Sien jul gou weer.

Warthog's Den
Marietjie W - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Marietjie W
Gesin met tieners

Was 'n lekker vakansie, kon rus en deel aan lag en saamwees met gesin.

Ons was baie vriendelik ontvang die lugreëling was 'n lafenis in die kamers, alles was netjies en skoon. Die wildrit baie opwindend, ons sal weer gaan en daar besoek, die kinders het die fietsritte baie geniet terwyl ons ouer mense lekker op die stoep na die voëls kyk.

Warthog's Den se terugvoer

Baie dankie Marietjie! Hoop ons sien jul gou weer!

Warthog's Den
Vanaf R900
R900 R720
per nag, vir 2 mense
Vanaf R900
R900 R720
per nag, vir 2 mense
Vanaf R900
R900 R720
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Karpsingel 451, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA99qnhOte8x8e0O1Q3GFsqglMX7rEhTS31qjVrXo6pKtVngfTWr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R900, nou Vanaf R720  per nag, vir 2 mense 42 5 1 5 451 Karp Crescent Kranspoort Vakansiedorp 1080 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.425403295382 29.437174201012
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!