LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by West Coast Cactus Acc | LekkeSlaap
+26

West Coast Cactus Acc

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Columbine-singel 1791, Britanica Heights, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 080 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Die West Coast Cactus-woonstel is op 'n rustige kleinhoewe bo-op 'n koppie geleë met uitstekende uitsigte oor Paternoster en die Colombine-vuurtoring. Kom kuier en waardeer die asemrowende sonsondergang oor die Atlantiese Oseaan.

Die woonstel het 2 slaapkamers en 'n volledige badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n aparte sitkamer- en eetarea, sowel as 'n oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n stofie, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel en broodrooster. In die sitkamer is daar 'n TV met DStv-kanale sodat gaste lekker kan ontspan na 'n lang dag. Komplimentêre koffie, tee en melk word met aankoms voorsien, sowel as handdoeke en toiletware. Die woonstel het 2 stoepe vanwaar gaste verskillende uitsigte kan geniet en lekker kan braai in die somer en winter. West Coast Cactus het 'n kaktus- en vetplant-kwekery op die kleinhoewe waar gaste gerus kan gaan rondsnuffel.

Hiér kan gaste ontspan en die afgeleë rustigheid geniet, terwyl hulle steeds naby Paternoster, Velddrif, Langebaan en Saldanha is. Die voëlkykgeleenthede op die kleinhoewe is uitstekend en St. Helenabaai het verskeie strande en baaitjies om van te kies.

Slaapplek

’n Bespreking by West Coast Cactus Acc sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 29 resensies vir West Coast Cactus Acc
Netheid
4.5/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Columbine-singel 1791, Britanica Heights, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink West Coast Cactus Acc het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 080
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 080
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Columbine-singel 1791, Britanica Heights, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAzNDhmZmU5LTc5NWUtNDIyMy04MzM2LTdlZDNmNDk2Yjk1OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 080  per nag (vir 4 persone) 29 5 1 5 1791 Columbine Cresent Britanica Heights 7390 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -32.751279076397 17.995691299438
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!