De Kelders Akkommodasie by Whale Heights | LekkeSlaap
+26

Whale Heights

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Ekstra Fooie

Bo en behalwe die tariewe in die tabel hieronder, hef die instansie ook 'n eenmalige R 597 skoonmaakfooi per bespreking.

Prys sluit in
Whale Heights
Handdoeke en linne, skoonmaakprodukte vir die kombuis insluitend skottelgoedwasmiddel, 'n sponsie, 2 vaddoeke en 2 swartsakke word voorsien. Daar is toiletpapier in die badkamer. Let asb. dat as die bogenoemde komplimentêre produkte opgebruik is, die gas dit moet vervang aangesien dit selfsorgverblyf is.
Belasting en Ekstras

Kontantbetalings word nie aanvaar nie, slegs EFT-betalings word aanvaar.
Indien gaste wel met kontant betaal, sal die kontantfooi van die bank by die gas se rekening gevoeg word.

'n Skoonmaakfooi van R597 om die eenheid skoon te maak nadat die gas vertrek het en word in die kwotasie ingesluit.

Bepalings en voorwaardes vir die gebruik van Whale Holiday:

Rook is verbode.
'n Breekskadedeposito van R1000 is nie by die kwotasie ingesluit nie en is betaalbaar voor aankoms. Sien faktuur vir besonderhede. Dit is terugbetaalbaar binne 3 dae na vertrek, nadat die eenheid nagegaan is en geen breekskade/rook plaasgevind het nie.

Koopkrag - 20 kWh per nag word gratis voorsien. Bv. 10 nagte x 20 kWh = 200 kWh gratis. Gaste wat meer elektrisiteit as dit benodig, sal dit self moet aankoop.

Die finale bedrag verskuldig aan Whale Heights moet voor aankoms betaal word.

1.Skakel asb. die bestuurder 60 minute voor aankoms (kontakbesonderhede sal voorsien word), sodat sy reëlings kan tref vir die woonstel se sleutels. Die sleutels word normaalweg by Martie by die Caltex-vulstasie opgetel, dit is sigbaar vanaf die hoofpad soos jy deur Stanford ry. Sy sal reël dat die yskas en vrieskas aanskakel word. Sy sal ook verseker dat die huis skoon en reg vir jul verblyf is.
1.1. Deposito's en betalings van die balans word vereis soos op die faktuur wat deur die eienaar aangestuur word.
1.1.1. Gekanselleerde besprekings sal daartoe lei dat betaalde gelde verbeur word soos volgens ons beleid.
2. Daar is ’n braai-area op die balkon, gebruik hulle asb. met sorg. Braai binne is verbode.
3. Rook is verbode in die hele huis, respekteer dit asb. Indien daar bewyse is dat gaste gerook het sal die "rook verbode"-deposito verbeur word.
3.1. Moet asb. nie meubels of ornamente in en om die huis skuif nie.
4. Geen diere word in die woonstel toegelaat nie. Geen uitsonderings nie, jammer.
4.1. Kinders 12 jaar en jonger.
4.2. Die huurder kom ooreen dat hy/sy verantwoordelik gehou sal word vir enige verlies/skade aan die huis se inventaris/eiendom indien dit deur hul nalatigheid, misbruik, of ongelukke veroorsaak word.
4.3. Die huurder stem ooreen dat hulle die perseel sal beveilig deur alle deure en vensters te sluit wanneer hulle nie in die huis is nie.
5. Hierdie eenheid word nie skoongemaak nie - 'n skoonmaakdiens kan teen R300 per dag voorsien word - skottelgoedwas, beddens opmaak, vloere was, badkamers skoonmaak, seefrontende vensters skoonmaak.
5.1. Vervang van beddegoed en handdoeke beloop R300 per keer.
6. Skakel asb. vir Martie as julle hierdie diens benodig en betaal haar direk.
7. Die huis se kapasiteit is 8 (ag) mense - moet dit asb. nie oorskry nie. Indien jy verblyf vir meer mense benodig, laat weet ons asb. voor die tyd. Indien daar meer as 8 mense by die huis bly, sal gaste summier gevra word om die perseel te verlaat en alle gelde sal verbeur word.
7.1. Buiten die bostaande (klousule 7) mag die aantal gaste nie die aantal gaste wat op die faktuur aangedui word, oorskry sonder die toestemming van die eienaar nie. Indien gaste versuim om dit te doen, sal hulle summier gevra word om die perseel te verlaat en betaalde gelde sal verbeur word.
8. Gebruik asb. elektrisiteit spaarsamig. Skakel asb. ligte en toestelle af wanneer hulle nie nodig is nie.
9. Gebruik asb. alle toestelle vir hul bestemde doel.
10. Volle DStv-kapasiteit beskikbaar, doen asb. navraag oor gebruik.
11. Breekskadedeposito en "rook verbode"-deposito sal binne 3 dae na vertrek in jou rekening terugbetaal word indien GEEN breekskade plaasvind nie - voorsien asb. besonderhede.
11.1 Die huurder moet die eienaar met vertrek, of vroeër laat weet van enige breekskade/verlies van die inventaris of eiendom wat deur die loop van verblyf plaasvind - via e-pos, SMS of telefoon.
12. Met die betaling van jou deposito/volle betaling bevestig jy dat jy saamstem met al die bepalings en voorwaardes.
13. Stel ons asb. in kennis van enige probleme of besware.
14. Die huiseienaars aanvaar geen aanspreeklikheid vir beserings, dood, verlies, skade, uitgawes of ongelukke by Whale Heights (wat jy bespreek het) veroorsaak deur enige natuurramp, oorlog, terrorisme, rebellie, oproer, boikot, diefstal, arbeidsaksie, regeringsaksie, slegte weer of onderbrekings in elektrisiteit, water of munisipale dienste nie.
15. Jou bespreking kan nie oorgedra word vir kommersiële winste nie en indien jy jou bespreking vir daardie doel gebruik sal die gaste gevra word om die perseel te verlaat en alle gelde sal verbeur word.
17. Vertrek - reël asb. om die sleutels aan Martie te oorhandig.
18. Belangrike Oorweging - Die verhuurders stem ooreen om op 'n ordelike, aanvaarbare wyse op te tree sodat bure nie onderworpe is aan abnormale leefomstandighede is nie. Boetes sal gehef word indien enige klagtes van bure ontvang word. Let wel: Bure is gevra om enige abnormale gedrag en geraasvlakke te rapporteer. Geen harde musiek na 22:00 nie.
Gehoorsaamheid aan hierdie reël sal deur die plaaslike polisiediens en ons sekuriteitsmaatskappy afgedwing word indien nodig. Enige boetes sal van deposito's afgetrek word.
18. Whale Heights is dus nie 'n geskikte venue vir enige tipe korporatiewe funksies nie. Huurders self het toestemming om verjaarsdae of spesiale geleenthede op aanvaarbare wyse by Whale Heights te vier.
19. Geniet jou verblyf - en onthou om nie na 22:00 saans geraas te maak nie. Boetes mag gehef word indien klagtes van bure ontvang word oor onaanvaarbare sosiale gedrag. Dit kan van deposito's afgetrek word.
20. Los asb. Whale Heights in dieselfde toestand as wat jy dit kry. Enige buitensporige skoonmaakdienste wat ons moet kry as gevolg van jou verblyf in Whale Heights sal afgetrek word van die deposito's wat jy betaal het.

Kansellasiebeleid - Streng
Ons Covid-19-waarborg: Ons sal altyd ’n 100%-terugbetaling gee indien reisbeperkings weens Covid-19 jou bespreking affekteer. Lees meer
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Breekskadedeposito

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R 1000 moet direk aan die instansie betaal word.

Vanaf R1 699
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 699
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 699
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Guthrie en De Villiers, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQzOTkyNTZkLWQ5ZjktNGZjNi05ZGM2LWM1NzUzYzRmMjBhMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 699  per nag (plek vir 8) 34 5 1 5 Corner of Guthrie and De Villiers De Kelders 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.556524284943 19.365111247222
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za