Kategorie: Avontuur

Dis feestelik op die Franschhoek Wine Tram
Die Franschhoek Wine Tram is ’n uiters gewilde toeriste-aantreklikheid in Suid-Afrika se wynlande – en met goeie rede! Die Wine Tram bied ’n unieke en gerieflike manier om die mooie Franschhoekvallei en sy bekende wynlandgoedere, vol geskiedenis en tradisie, te verken. In hierdie blog wys ons jou hoe dit werk, ’n paar dinge om te […]
20 April 2023

Kom vind uit hoe werk eko-vriendelike verblyf
Eko-vriendelike verblyf in Suid-Afrika word al hoe meer gewild, aangesien beide plaaslike inwoners en toeriste poog om hul impak op die omgewing te minimaliseer terwyl hulle die land se natuurskoon geniet. Baie eiendomme het al volhoubare praktyke aangeneem, soos die gebruik van hernubare energiebronne (wat ook help met beurtkrag), herwinning en waterbesparing. Sommige plekke is […]
30 Maart 2023

Visvangplekke in die Wes-Kaap
Is jy ’n ywerige visvanger of is jy net op soek na verblyf weg van die stad se gewoel? Dan is jy op die regte plek. In hierdie blog wys ons vir jou ’n paar lekke plekke in die Wes-Kaap waar jy na hartelus kan visvang en behoorlik ontspan. Matjiesvlei Cottages Matjiesvlei Cottages is in […]
23 Maart 2023

11 romantiese blyplekke in die berge
Suid-Afrika is vir ongelooflike natuurskoon bekend en die beste manier om dit te ervaar is om na die berge te ontsnap. Vir paartjies wat op soek is na ’n romantiese wegbreek, bied die berge ’n skilderagtige en rustige omgewing vir ontspanne verblyf. Of jy nou op soek is na avontuur of bloot in die rustigheid […]
8 Maart 2023

Maak ’n draai in Morganbaai
Suid-Afrika se Wildekus is een van die mees ongerepte dele van die land en sy pragtige natuurskoon lok reisigers van heinde en verre. Gxarha, voorheen bekend as Morganbaai, staan as die Wildekus-paradys bekend en dit neem net sowat ’n uur op die goue wig tussen die see en die strandmeer om te besef hoekom so […]
10 Februarie 2023

Woerts-warts deur die Wild Frontier
Die Wild Frontier is ’n pragtige, minder bekende streek in Mpumalanga wat grense met die suide van Mosambiek, die noorde van Eswatini (voorheen Swaziland) en die suide van die Krugerwildtuin deel. Daar word soms na dié area as die “Wieg van die Lewe” verwys omdat daar meer as drie miljard jaar terug verskeie belangrike argeologiese […]
30 November 2022

Korbeelhuisies: Wat is hierdie interessante geboue in die Noord-Kaap?
Het jy al ooit deur die Noord-Kaap gery en gewonder wat die huisies wat soos reusebyekorwe lyk doer in die veld is? Wel, vandag vertel ons jou meer van dié unieke Karoo-huisies wat op die vlaktes naby Carnarvon, Fraserburg, Loxton en Williston geskater staan, én wys jou sommer waar jy in van hulle kan gaan […]
20 Julie 2022

Aktiwiteite in die Cederberg
Die Cederberg is ’n wêreldklasbestemming nie te ver buite Kaapstad nie. Dié wildernisarea, wat van die Middelbergpas in Citrusdal tot noord van die Agter-Pakhuyspas buite Clanwilliam strek, is ’n land van verskeidenheid en uitbundigheid wat geen avontuurlustige, fynproewer of naweekreisiger moet misloop nie. Hier buig en draai rooi sandsteenrotse in skouspelagtige vorms; hier breek die […]
8 Julie 2022








