Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Frances Strooh

10 Wenke vir jou romantiese wegbreek

’n Romantiese wegbreek kan ’n wonderlike ding in enige verhouding wees, of julle nou 2 weke gekys is of al 20 jaar getroud is. Hoewel ’n spesiale tydjie saam jul liefdesvuurtjie weer kan brandsteek, kan dit ook tot baie stres en gestry lei. Dis hoekom ons in dié blog vir jou 10 wenke gee om […]

Verken die Weskus só: 2 nuwe West Coast Way-roetes

Vir die meeste mense is die Weskus sinoniem met vissershuisies, Paternoster se strand, kreef, branders wat op die rotse breek en skouspelagtige sonsondergange oor die Atlantiese Oseaan. Tog het ons onlangs uitgevind dat ’n paar van die Weskus se skatte ’n bietjie verder van die kus af lê … Ons het saam met West Coast […]

10 Wildkyk-Wenke

Suid-Afrikaners kan nie veel sonder ’n visum doen nie, maar wildkyk is darem een van die wonderlike ervarings waarvoor ons nie die land hoef te verlaat nie. Ons is vreeslik bederf met legio wildparke op ons drumpel en hoewel ons nie soos die buitelanders vlugte en khaki-uitrustings hoef te reël nie, is ’n wildkyk-vakansie nie […]

La Provence d’Afrique

Verbeel jou, ʼn wittebrood in die suide van Frankryk! Jy en jou liefie loop hand aan hand in die keisteenstraatjies rond ─ verby ʼn man met ʼn beret wat trekklavier speel ─ en loer in by ʼn café vir espresso en croissants. Dit klink ongelooflik, maar visums en verbindingsvlugte is ʼn droewe vooruitsig. Dis hoekom […]

8 Wêrelderfenisgebiede waar jy Erfenisdag kan vier

Dis nie net óns as Suid-Afrikaners wat dink ons land is ʼn wonderlike plek nie ─ die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) glo ook so! Ons mooie land spog met nie net een nie, maar agt Wêrelderfenisgebiede wat almal die besoek werd is. Natuurlik bring ons dit nie per toeval juis nóú […]

10 Plase waar jy óók kan boer

Die stad is ʼn rowwe plek wat nooit slaap nie, ʼn plek waar jy nooit tot verhaal kom nie. Hoekom verruil jy nie die geraas van toeters wat blaas vir ʼn haan se gekraai nie? Leer jou kinders om boom te klim en ʼn hanslammertjie met die bottel te voed, om die modder tussen hulle […]

Kom kyk waar SA se sneeu skuil

Suid-Afrikaners is dol oor sonskyn, maar daar is iets só sprokiesagtig en betowerend aan sneeu dat min mense dit kan weerstaan. Net omdat ons burgers van Afrika is, beteken dit nie dat wit winters iets is wat ons nooit kan beleef nie. LekkeSlaap het gaan ondersoek instel en ons het ʼn paar plekkies opgespoor waar jy […]

10 Doendinge vir die jongspan as dit reën

Jy sien al maande lank uit na die wintervakansie, maar hoe nader julle aan die bestemming kom, hoe harder reën dit. Jy voel hoe jou moed in die skoene sak wat jy nie gaan kan uitskop nie. In dié reën gaan jou kleingoed heeldag in die huis sit en tande tel (en op jou senuwees […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem