Yzerfontein is een van die min dorpies waar ’n mens régtig kan afskakel. Alhoewel hierdie Weskusdorpie uitbrei, met allerhande aktiwiteite en besienswaardighede spog én al die nodige geriewe het, het dit steeds ’n kalmerende, rustige atmosfeer wat jy nie deesdae sommer kry nie. Dit is sowat ’n uur se ry uit Kaapstad ─ perfek vir ’n vinnige naweekwegbreek. 

LekkeSlaap het in Yzerfontein gaan kuier ─ kom loer saam met ons in en kyk wat jy alles kan doen terwyl jy hier vakansie hou!

Die Weskuspadstal

weskuspadstal yzerfontein west coast weskus food accommodation self-catering lekkerslaap

Yzerfontein se bekoring begin sommer nog voor jy die dorp bereik het. Nes jy van die Weskuspad afdraai, sal jy dadelik aan jou linkerkant die Weskuspadstal kry. As die kinders rusteloos is na die lang pad en jy smag na ’n heerlike koppie koffie en iets lekker te ete, móét julle hier stop. Die reuk van varsgebakte brood groet jou wanneer jy by dié pragtige padstal instap en as jy agter in die mooi tuin gaan sit, hoor jy net voëls sing en kinders lag! Die padstal het ’n groot speelarea vir kinders en plaasdiere wat hulle vir ure kan besighou.

weskuspadstal yzer yzies lekkerslaap lekker slaap lekkeslaap westcoast accommodation

Wie is nou nie mal oor ginproe nie?

wrights gin yzerfontein gin tasting ocean

Ná jy die Weskuspadstal besoek het, kan jy sowat drie kilometer aanry en nóg ’n lekker padstal, die Yzervark-padstal, sal vir jou aan die linkerkant wag. Hiér is ’n paar plekkies om te verken en een van daardie interessante vondse is Wright’s Gin Distillery and Tasting Room, waar die gin nét daar op die perseel gemaak word. Dié distilleerdery, wat deur ’n familie bestuur word, bied die geleentheid om heerlike gin te proe. Besoekers is gewoonlik mal oor die kaas-en-biltongbord en ons het die atmosfeer, wat ons weer en weer sal laat terugkeer, veral geniet. Die gin-tuin het ons behoorlik laat ontspan, so bespreek ’n proesessie aanlyn!

wrights gin gin tasting west cpast weskus lekkerslaap lekkeslaap ginproe wine tasting yzerfontein

Nóg meer pret ─ Olive Tiki Bar

tiki bar ocean waves beach yzerfontein ysterfontein lekkerslaap lekkeslaap accommodation self-catering

Rég langs die Wright’s Gin Distillery and Tasting Room sal jy die kleurvolle, helder en prettige Olive Tiki Bar vind. Dié kroeg en restaurant het gereeld musiekoptredes, spog met ’n spyskaart met die lekkerste burgers, pizzas en steak, en is die perfekte plek om op ’n Saterdagmiddag ’n yskoue bier aan die Weskus te geniet. 

Snuffel heeldag in die winkeltjies rond

yzerfontein ysterfontein yzies lekker slaap lekkeslaap verblyf selfsorg accommodation

Of jy nou op soek is na ’n spesifieke tipe wol, ’n bordspeletjie wat jy nêrens anders kan kry nie of ’n moer en ’n skroef vir jou doen-dit-jouself-projek, die winkeltjies in Yzerfontein spog met als. Staan op ’n Saterdagoggend op, trek jou tekkies aan, gryp jou hoed en stap die dorp plat op soek na die mooiste plekkies wat gereeld handgemaakte items op die rakke het. Gepraat van handgemaakte items, Yzerfontein se inwoners is mal oor hul kuns!

Yzerfontein Kunsroete

art kuns galery yzerfontein art  route art on the west coast

Die Yzerfontein Kunsroete bied ’n baie innoverende manier van kunskyk: Kunstenaars stal hul kuns sommer in hul huise uit, en jy verken dan die dorp én sy kuns huis vir huis deur die bordjies te volg. Daar is ook kuns in van die winkels te sien en die kunstenaars is natuurlik wêreldklas. Loer gerus na hulle Facebookblad vir die datums waarop die kunsroete oop is. 

Prentjiemooi voetslaanroetes

hike hiking routes trial run voetslaan 16 mile beach

Die area het ’n handjievol staproetes. Die Schaap Eilandroete is sommer in die dorp en begin by die hoofstrand. Dit is net twee kilometer lank en is maar net ’n lekker kuspaadjie met die mooiste uitsigte. Verwag om inheemse kusvoëlspesies, ’n hele paar dassies, walvisse in seisoen en indrukwekkende rotsklowe op dié roete te sien. 

Die 16 Mile Beach Challenge is ook ’n bekende roete tussen Yzerfontein en Langebaan en is ’n lekker manier om die Weskus te verken. Die roete is strandlangs, neem een nag en een dag, en is beslis die moeite werd as jy mal is oor stap én die vars seelug om jou.

hike hiking voetslaan adventure activity west coast

’n Spesiale strand 

beach west coast weskus things to do in Yzerfontein

Yzerfontein se strand is ongetwyfeld een van dié lekkerste strande om op te ontspan, maar wat dit nóg meer spesiaal maak is die feit dat dit die langste, ononderbroke strand aan Suid-Afrika se kuslyn is. Op ’n heerlike warm dag kan julle roomys koop of watersporttoerusting langs die strand huur en julself vir ure op dié spesiale strand vermaak. 

Khwa Ttu San Culture And Education Centre

West Coast Road, 15 km from Yzerfontein, 7351, Western Cape Khwa Ttu San Culture And Education Centre

Dié privaat plaas is vyftien kilometer buite Yzerfontein en is beslis ’n besoek werd. Dit is ’n bestemming ryk aan geskiedenis en ’n sentrum vir alles wat jy nog ooit wou weet oor die San-gemeenskap. Hier kan julle toere doen, die museum verken, verskillende diere sien en natuurlik nét so lekker op die plaas eet en bly. Khwa Ttu San Culture And Education Centre bied verskillende verblyfopsies wat perfek is vir groepe of paartjies en fietsry, wildkyk, bergfietsry en staptoere is veral bekend op dié plaas.

Lus vir kom kuier? Bly hiér!

16 Mile Beach, Strandkombuis Road, Yzerfontein, 7351, Western Cape
Strandkombuis bied B&B-verblyf, het ’n restaurant en is die ideale basis vanwaar gaste die area kan verken.
Versveldstraat 38, Yzerfontein, 7315, Wes-Kaap
Gehalteverblyf vir ‘n gesin of ‘n groep vriende naby restaurante en die strand.
Mile 16 Beach Estate, Erf 2234, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
’n Vakansiehuis vir 8 gaste op die Mile 16 Beach Estate net 50 m van die strand af.
Mosselstraat 1, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap selfsorg lekker slaap self catering ocean view beach house accommodation verblyf blyplek
Dié huis is reg teen die strand en sal sorg vir die mooiste foto’s!
Dasseneiland-rylaan 153, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap selfsorg self catering verblyf blyplek akkommodasie lekker slaap
Die huis is net 250 m van die strand af en spog met lieflike uitsigte oor die see en Dasseneiland.
Lutiekatz-weg 61, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap akkommodasie verblyf self catering west coast yserfontein
Dié eenheid is ’n gesinsvakansiehuis met ’n ongelooflike uitsig oor Dasseneiland.

Kliek hiér vir al die lekke plekkies in Yzerfontein.

Yzerfontein is voorwaar die ideale Weskusdorpie ─ jy kan heel naweek lank ontspan, met vriendelike mense gesels, lekker eet, nóg lekkerder bly en terugkeer huis toe met nuwe lus vir die lewe. Kom bespreek jou besonderse Weskusnaweek in dié dorpie nóú! 

yzer weskus activities hiking gin tasting lekker slaap verblyf accommodation