Spreek jy hierdie plekname reg uit?

Spreek jy hierdie plekname reg uit?

Praat jy ook sagter as jy Pniël moet sê? Suid-Afrika is ’n groot, diverse plek met ’n skynbaar ontelbare versameling dorpe, nedersettings en gehuggies, sommige met name wat maar vreemd op die tong val. Tog wil ’n mens nie jou naam met ’n plank slaan as jy met vakansie die naambordjies langs die pad lees nie. LekkeSlaap het ’n rits plekname wat ons weet Afrikaanssprekendes soms windskeef uitspreek. Spreek jy hulle reg uit? Lees ’n bietjie verder om seker te maak. 

Adriëtte le Roux

Adriëtte le Roux

8 September 2021

9 velddrafroetes in die Wes-Kaap

9 velddrafroetes in die Wes-Kaap

Suid-Afrika is geseën met ’n diverse natuurlike landskap met lang, ongerepte strande, digte woude, majestueuse berge, unieke plantegroei en ongelooflike rotsformasies om net ’n paar te noem! Een van die beste maniere om hierdie landskappe te verken en sommer terselfdertyd aan jou fiksheid te werk, is velddrafroetes, oftewel trail runs. Velddrafroetes het oor die afgelope […]

Danielle Terblanche

Danielle Terblanche

2 September 2021

12 bobaas-braaiplekke reg oor die land

12 bobaas-braaiplekke reg oor die land

Elke Suid-Afrikaner sal saamstem dat daar min dinge so lekker is soos om rondom ’n knetterende vuurtjie saam met familie en vriende te kuier. Dit is nóg lekkerder as julle dit tydens ’n naweekwegbreek of vakansie kan doen! So, bederf jou en jou gesin met ’n wegbreek by een van dié pragtige plekke wat elkeen met […]

Lisa Croeser

Lisa Croeser

25 Augustus 2021

Dis tyd om weg te breek plaas toe!

Dis tyd om weg te breek plaas toe!

As die druk van die alledaagse lewe swaar op jou skouers rus, is daar een antwoord om jou van dié las te verlig: Dis tyd om plaas toe te gaan! Daar is darem niks soos om ’n bietjie van die stad te ontsnap en tyd op ’n plek deur te bring waar die pas van […]

Ingrid Heydenrych

Ingrid Heydenrych

18 Augustus 2021

Steenbokfontein ─ Storie van ’n seeplaas

Steenbokfontein ─ Storie van ’n seeplaas

By Steenbokfontein, ’n seeplaas net buite Lambertsbaai aan die Weskus, het álles ’n storie. LekkeSlaap.co.za het onlangs ’n Kaapse draai by hierdie besonderse plek gemaak om al sy vertellings te hoor en uit te vind hoe jý ook Steenbokfontein deel van jou storie kan maak.  

Adriëtte le Roux

Adriëtte le Roux

11 Augustus 2021

Ontsnap uit die Moederstad: 11 lekke plekke

Ontsnap uit die Moederstad: 11 lekke plekke

Met dié Covid-regulasies wat alewig aan die verander is en dinge so onvoorspelbaar maak, is dit amper onmoontlik om deesdae lekker lang wegbreke vroeg vooruit te beplan. Maar net omdat ons dit nie vroeg vooruit kan beplan nie, beteken nie dit hoef nie ’n behoorlike wegbreek te wees nie. As jy op die nippertjie op […]

Nanje Lourens

Nanje Lourens

4 Augustus 2021

Hierdie blyplekke tussen die blomme is nog beskikbaar

Hierdie blyplekke tussen die blomme is nog beskikbaar

Is jy so opgewonde soos ons oor die blommeskouspel wat vanjaar ons land ná die goeie reën gaan tref? Talle blyplekke tussen Namakwaland, die Tankwa-Karoo, Weskus en die Sederberg se blomme is reeds tjok-en-blok soos wat opgewonde Suid-Afrikaners bespreek om vars lug én ’n ongelooflike blomme-ervaring te kry. LekkeSlaap.co.za het gaan soek na nog ’n paar plekkies wat beskikbaarheid het sodat jy en jou geliefdes ook vanjaar tussen die blomme kan baljaar.

Adriëtte le Roux

Adriëtte le Roux

15 Julie 2021

Speel gholf by hierdie wegbreke langs die kus

Speel gholf by hierdie wegbreke langs die kus

’n Goeie baansyfer word nie verniet ’n albatros genoem nie. Suid-Afrika is die tuiste van menige wêreldberoemde gholfbane waarvan heelparty met ’n kuslyn in die agtergrond spog. ’n Gholfwegbreek teen die kus is ’n ervaring wat op elke gholfliefhebber se lysie moet wees. Buiten gholf, bied dié skilderdoek-dorpies langs Suid-Afrika se kus bied boonop baie […]

Bea Punt

Bea Punt

7 Julie 2021

App download page
© 2026 Tripco (Pty) Ltd. t/a LekkeSlaap.co.zaBepalings en VoorwaardesWerfkaart