Na ’n lang jaar is daar niks so lekker soos om jou kar te pak, jou gesin in te laai en net die pad te vat nie. Desember se gees, die sonskyn en vakansietyd beteken net een ding: Dis tyd om see toe te gaan! Daarom het LekkeSlaap vir jou dié lysie met ’n paar lekke huisies in kusdorpies opgestel sodat julle ook hierdie jaar herinneringe by die see kan maak!

At the Beach, Oos-Kaap

Plek vir: 2 (2 kinders kan ook geakkommodeer word)
Waar: Jeffreysbaai

At the Beach wavecrest, jeffreysbaai ooskaap lekker slaap verblyf self catering selfsorg

As jy en jou ander helfte ’n bietjie tyd alleen nodig het en mal is oor die see, is At the Beach nét waar julle moet bespreek. Dié selfsorg-eenheid bied privaatheid en die geleentheid om die branderplankryers of dolfyne sommer van jou bed af te aanskou. Buite op die dek is daar sonstoele en braaigeriewe vir ’n luilekker middag en julle kan die plankpaadjie na die strand neem om die dag af te sluit. 

At the Beach 2 At the Beach wavecrest, jeffreysbaai ooskaap lekker slaap verblyf self catering selfsorg

Kliek hiér vir die tariewe. 

Santa Rosa, KwaZulu-Natal 

Plek vir: 6
Waar: Hluhluwe

Santa Rosa KZN accommodation self catering lekker slaap st lucia hluhluwe vlasbaai verblyf desember

Santa Rosa is ’n versteekte juweel naby die oewer van die St. Lucia-meer. Hier kan julle heel vakansie lank in die plonspoel afkoel, die woud verken, na die strand stap, sommer net lekker braai of heerlike disse in die ten volle toegeruste kombuis optower. 

Santa Rosa 2 KZN accommodation self catering lekker slaap st lucia hluhluwe vlasbaai verblyf desember

Kliek hiér vir die tariewe. 

Knysna Houseboats, Wes-Kaap

Plek vir: 4 volwassenes of ’n gesin van 5
Waar: Knysna 

knysna houseboats lekkerslaap self catering

Wie wil dan nou nie in die somer rég op die water wees nie? Kom doen iets nuut en bespreek ’n wegbreek by Knysna Houseboats. Elke boot het ’n skeepskombuis wat vir selfsorg toegerus is en buite op die dek kan julle die vis wat julle gevang het braai of in die son baai en die stilte geniet. 

Knysna Houseboats 2 thesen eiland lekkerslaap weskaap selfsorg desember vakansie strandhuis

Kliek hiér vir die tariewe. 

Santorini Unit N, KwaZulu-Natal 

Plek vir: 6
Waar: Margate

Santorini Unit N margate kzn beach december lekkerslaap selfsorg woonstel verblyf accommodation ocean sea view

Dié drieslaapkamerwoonstel is in die hartjie van Margate en is ideaal vir diegene wat mal is oor ’n see-uitsig. Julle kan tjop-tjop by die strand en al die dorp se geriewe van hier af uitkom. Die hoogtepunt van die woonstel is die balkon waarop julle heel dag kan sit en die uitsig inneem. 

Santorini Unit N 2 Santorini Unit N margate kzn beach december lekkerslaap selfsorg woonstel verblyf accommodation ocean sea view

Kliek hiér vir die tariewe.

The Penthouse at Riverview Waterfront Estate, Oos-Kaap

Plek vir: 4
Waar: Port Alfred

The Penthouse at Riverview Waterfront Estate ooskaap eastern cape lekkerslaap verblyf accommodation selfsorg selc catering pool PE port elizabeth Gqeberha

Afgeleë visvang-geleenthede, veilige rotspoele, ’n uitsig oor die reservaat, ’n tennisbaan, muurbalbaan en ’n swembad wag op julle as julle ’n wegbreek by The Penthouse at Riverview Waterfront Estate bespreek. Om nie eens te praat van die privaat sleephelling en jetty op die Kowierivieroewer nie!

The Penthouse at Riverview Waterfront Estate 2 ooskaap eastern cape lekkerslaap verblyf accommodation selfsorg selc catering pool PE port elizabeth Gqeberha

 Kliek hiér vir die tariewe.

Linga Longa, Wes-Kaap

Plek vir: 4
Waar: Gordonsbaai 

Linga Longa weskaao western cape gordons bay gordonsbaai lekkerslaap hawe self catering accommodation

Met só ’n uitsig kan niemand mos nee sê vir ’n lekker wegbreek by die see nie. Linga Longa is ’n selfsorgwoonstel met ’n pragtige uitsig in Gordonsbaai. Daar is ’n lekker groot stoep met stoepmeubels, ’n draagbare braai en ’n uitsig oor Valsbaai. Die woonstel is net 230 m vanaf Bikini-strand en die hawe waar julle heel dag kan ontspan.

Linga Longa 2 weskaao western cape gordons bay gordonsbaai lekkerslaap hawe self catering accommodation

 Kliek hiér vir die tariewe.

Tampat Senang, Wes-Kaap

Plek vir: 4
Waar: Wildernis

Tampat Senang weskaap wildernis garden route tuinroete lekkerslaap verblyf accommodation self catering selfsorg

Tampat Senang spog met twee selfsorgwoonstelle wat elk geskik is vir vier gaste. Die uitsigte is om van te droom en die woonstel het al die goedjies wat ’n vakansie nog lekkerder maak, soos DStv, gratis WiFi en ’n privaat ingang. Kom bespreek hiér as julle beplan om die Tuinroete dié Desember te verken. 

Tampat Senang 2 weskaap wildernis garden route tuinroete lekkerslaap verblyf accommodation self catering selfsorg

Kliek hiér vir die tariewe. 

Loeriewood Garden Apartment, Wes-Kaap

Plek vir: 3
Waar: Knysna 

Loeriewood Garden Apartment western cape accommodation weskaap lekkerslaap self catering selfsorg garden

Ons is absoluut mal oor dié bekoorlike huisie. Die groen omgewing en voëlkykgeleenthede maak dit die ideale plek om stil te raak. Die eenheid het ’n privaat stoep en eetarea buite in die tuin wat verseker dat julle die groenigheid behoorlik kan waardeer. Die resensies getuig van die eienaars se vriendelikheid, wat mos altyd lekker is as ’n mens met vakansie is!

Loeriewood Garden Apartment 2 western cape accommodation weskaap lekkerslaap self catering selfsorg garden

Kliek hiér vir die tariewe. 

Treedom Villas and Vardos, Wes-Kaap

Plek vir: 4
Waar: Wildernis

Treedom Villas and Vardos weskaap wildernis villa selfsorg selfcatering lekkerslaap accommodation verblyf

Die unieke dubbelverdieping-villa is in die hartjie van die Tuinroete en is nie net mooi versier nie, maar ook goed toegerus. As die hitte julle effe vang kan julle in die gemeenskaplike swembad afkoel en as julle ’n opkikker nodig het kan julle die sauna op versoek gebruik. 

Treedom Villas and Vardos weskaap wildernis villa selfsorg selfcatering lekkerslaap accommodation verblyf 1

Kliek hiér vir die tariewe. 

Desember-herinneringe is vir elke gesin so spesiaal en nóg meer as julle heel vakansie lank op die strand kan lê, seekosdisse geniet en in die oulike kusdorpies van ons land rondstap. Waarvoor wag jy? Bespreek ’n plekkie voor elkeen opgeraap is! 

Hooffoto: Knysna Houseboats (LekkeSlaap)