
Steenbokfontein ─ Storie van ’n seeplaas
By Steenbokfontein, ’n seeplaas net buite Lambertsbaai aan die Weskus, het álles ’n storie. LekkeSlaap.co.za het onlangs ’n Kaapse draai by hierdie besonderse plek gemaak om al sy vertellings te hoor en uit te vind hoe jý ook Steenbokfontein deel van jou storie kan maak.
11 Augustus 2021

Ontsnap uit die Moederstad: 11 lekke plekke
Met dié Covid-regulasies wat alewig aan die verander is en dinge so onvoorspelbaar maak, is dit amper onmoontlik om deesdae lekker lang wegbreke vroeg vooruit te beplan. Maar net omdat ons dit nie vroeg vooruit kan beplan nie, beteken nie dit hoef nie ’n behoorlike wegbreek te wees nie. As jy op die nippertjie op […]
4 Augustus 2021

Hierdie blyplekke tussen die blomme is nog beskikbaar
Is jy so opgewonde soos ons oor die blommeskouspel wat vanjaar ons land ná die goeie reën gaan tref? Talle blyplekke tussen Namakwaland, die Tankwa-Karoo, Weskus en die Sederberg se blomme is reeds tjok-en-blok soos wat opgewonde Suid-Afrikaners bespreek om vars lug én ’n ongelooflike blomme-ervaring te kry. LekkeSlaap.co.za het gaan soek na nog ’n paar plekkies wat beskikbaarheid het sodat jy en jou geliefdes ook vanjaar tussen die blomme kan baljaar.
15 Julie 2021

Speel gholf by hierdie wegbreke langs die kus
’n Goeie baansyfer word nie verniet ’n albatros genoem nie. Suid-Afrika is die tuiste van menige wêreldberoemde gholfbane waarvan heelparty met ’n kuslyn in die agtergrond spog. ’n Gholfwegbreek teen die kus is ’n ervaring wat op elke gholfliefhebber se lysie moet wees. Buiten gholf, bied dié skilderdoek-dorpies langs Suid-Afrika se kus bied boonop baie […]
7 Julie 2021

Jou gids tot Johannesburg
Was jy al ooit in die besigste stad in Suid-Afrika sonder ’n idee oor waar om te gaan of waarmee om jouself besig te hou? Johannesburg is nie net die ekonomiese kern van Suid-Afrika nie, maar bied besoekers die geleentheid om iets anders as die gewone see-vakansie te beleef. Tussendeur die gejaag van die Goudstad […]
23 Junie 2021

10 huise met kaggels vir groepe
Reg oor die land begin almal stadig maar seker weer hul wintersklere uitpak, sopresepte uitruil en natuurlik seker maak daar is genoeg hout om die kaggel te stook. Maar die koue weer beteken nie julle hoef by die huis sit nie ─ inteendeel, dit is nou dié perfekte tyd om daardie winterwegbreek saam met jou […]
15 Junie 2021

Romantiese bergkothuise vir die winter
Die winter is hier en met die dae wat soveel korter is, is dit maklik om elke dag van punt A tot B te jaag en in die proses tred van jou spesiale persoon te verloor. Hoekom dan nie die koue uit die winter haal met ’n romantiese wegbreek in die berge nie? LekkeSlaap.co.za het […]
9 Junie 2021

8 Lekke plekke met bergfietsroetes op die perseel
’n Avontuurvakansie is nie volmaak sonder om die kontoerlyne van berge op ’n bergfiets aan te pak nie. Suid-Afrika is ’n skilderdoek van opwindende roetes wat vir Jan Alleman én Jan Kenner geskik is. ’n Bergfietsroete bied avontuurlustiges ’n eerstehandse ervaring van die fauna en flora van ’n streek en is ook ’n eko-vriendelike manier […]
2 Junie 2021








