Ons weet jou voete jeuk nou al vir ’n avontuur in die buitelug. Miskien was sy lanklaas op ’n staproete of dalk nog nooit? Moenie bekommer nie! LekkeSlaap het vyf kort staproetes reg oor Suid-Afrika vir jou emmerskoplysie gaan uitsoek wat jy beslis moet aandurf. Ons gee ook lekker wenke oor wat jy vir jou staproete moet saamneem!

Krugerwildtuin

Of jy nou ’n dagbesoeker is of oorslaap, hier is verskeie staproetes om jou besig te hou tussen die Groot 5. Elke staproete word deur ’n opgeleide gids gelei en groepe van tot agt mense word vir ongeveer twee tot vier ure uitgeneem. Ongelukkig word kinders onder twaalf jaar nie toegelaat nie. Dié staproetes is baie ontspanne en toergidse deel graag hul kennis oor die fauna, flora en die omgewing. Dis ’n unieke en opwindende manier om wild te voet in die Krugerwildtuin te sien.

 

 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 

 

A post shared by Kruger National Park (@krugernationalpark) on

Skukuza-staproete

Dié area is bekend vir sy volop wild en ’n redelike gelyk terrein waar stappers kan wandel. Die staptog kan in die oggend of gedurende sonsondergang aangepak word ─ albei goeie tye vir wildkyk. Omdat hier baie wild gewaar word, is dit belangrik dat alle stappers so stil moontlik is om wild van so naby as moontlik te kan sien. Besoekers wat al self op dié staptog was, kan nie uitgepraat raak oor die gidse se breë kennis, entoesiasme en die unieke ervaring om wild van so naby af te beleef nie.

Krokodilrivierstaproete

Die suidelike punt van die Krugerwildtuin is een van die beste plekke om die Groot 5, asook wildehonde en jagluiperds te gewaar. Dit word ook aanbeveel om hierdie gedeelte van die Wildtuin te voet te verken.

Olifantsstaproete

Indien jy sukkel om vroeg uit die te vere te spring, is dié roete net die een vir jou. Dit begin rondom halftien die oggend en duur ongeveer twee ure. Jy stap rustig tot by die rivieroewer waar jy krokodille, seekoeie, olifante en watervoëls kan sien.

Wenk: Trek neutrale en donker klere aan wanneer jy op ’n Bosveld-staptoer gaan.

Woeker in die Wildtuin by dié lekke SANParke-blyplekke:

SANParks Skukuza Rest Camp | SANParks Crocodile Bridge Rest Camp | SANParks Olifants Rest Camp

Drakensberge

Die magiese Drakensberge verseker ’n staptog wat jy nie vinnig sal vergeet nie. Die pragtige natuurskoon, berge hoog bo seespieël en rotsformasies sal nie net jou asem wegslaan nie, maar jou ook bekoor. Toergidse is beskikbaar en dit word sterk aanbeveel dat elke stapper goed voorberei vir ’n staptog en ’n toergids saamneem om veiligheid te verseker.

 

 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 

 

A post shared by Drakensberg Hikes (@drakensberg_hikes) on

Injisuthi Battle Cave-staproete

Hierdie is ’n opwindende en maklike staptoer na die Battle Cave waar besoekers rotskuns op groot sandstene kan sien. Die grot is omhein en stappers sal ’n gemeenskapsgids moet bespreek om saam te stap indien hulle die rots van nader wil bekyk. Dié roete is ’n goeie inleiding tot die natuurskoon van die Drakensberge en duur ongeveer vyf ure.

Amphitheatre-voetslaanroete

Trek jou gemaklike stapskoene aan en maak jou waterbottel vol, want dié roete gaan omtrent heeldag neem! Alhoewel die staptog slegs vyf kilometer lank is, sal die vooraansig van die Amfiteater-krans van 1200 meter jou sprakeloos laat. Die terrein is steil aan die begin, maar die beloning is definitief die moeite werd, en boonop lei die paadjie na waar die Tugelarivier se krans die tweede hoogste waterval in die wêreld vorm.

Wenk: Hierdie staproete is inspannend en lank, so probeer om voor die tyd by die huis met jou toerusting te stap om te oefen.

Dut hiér naby die Drakensberge:

iKhayalamafu Mountain Reserve | Pumula Central Drakensberg | Berghouse and Cottages

Kaapstad

Ja, jy het reg geraai – Leeukop! Dié gewilde staproete bergop is sentraal, vinnig om aan te pak, gesinsvriendelik en beslis asemrowend ─ en  Ore kan ook saamkom!

Die roete is glad nie té intensief nie, jy kan dit rustig aanpak en boonop hope toeriste langs die pad ontmoet. Hetsy jy jou seevakansie naby die Kaap geniet of in Kaapstad vertoef, is Leeukop ’n eenvoudige en maklike manier om die buitelug te geniet! As jy dit vroeg in die oggend aanpak kan jy die res van die dag die pragtige omgewing verken. Daar is ook elke maand die bekende Lion’s Head Full Moon Hike, waartydens almal met volmaan tot bo klim. Dit is ook die beste plek om die sonsopkoms oor die Moederstad en die sonsondergang oor die Atlantiese Oseaan te beleef.

 

 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 

 

A post shared by Lions Head (@lionsheadct) on

Wenk: Neem lekker peuselhappies saam om die uitsig heelbo te vier.

Kuier ’n bietjie langer in die Kaap en lê jou kop hiér neer:

The Walden House | Warren Heights 504 by CTHA | House on the Mountain

 

Wat benodig jy vir jou staproete?

  • Rugsak
  • Waterbottel(s) met genoeg water, let op na die duur van jou staptog.
  • Gesonde peuselhappies
  • Gemaklike stapskoene en sokkies
  • Verkyker
  • Kamera
  • Sonbrandroom
  • Sonbril
  • Pet of hoed
  • Plastieksak vir jou rommel
  • Ekstra klere en ’n reënjas, indien die weer verander. Vermy katoen, omdat dit vog naby jou vel hou.
  • Noodhulpkissie
  • Flitslig of koplig
  • Bandanna ─ daar is verskeie gebruike vir ’n bandanna, soos ’n sweetband, waterfiltreerder, oorkussings, masker teen stof, dra-sak, beskerming vir jou nek, ens.
  • Stapstok, indien nodig.
  • Gemaklike skoene vir ná die stap.

Watter staproete sal jy graag wil doen? Is daar ’n staproete wat jy al gedoen het wat vir jou ’n ongelooflike ervaring was? Vertel vir ons daarvan hieronder!

Hooffoto: Karkloof Safari Villas