Miljoene besoekers stroom elke jaar na die Moederstad en met goeie rede – net sowat 25 minute buite die geroesemoes van verkeer en toeriste wag daar heelwat verrassings op jou. Ons praat natuurlik van al die juwele in Kaapstad se Noordelike Voorstede! Dié voorstede bied ’n rustiger lewenstyl as die middestad en legio dinge om te sien en te doen. Kom loer saam met LekkeSlaap agter die “boereworsgordyn” ─ ons wys jou waar jy goeie koffie, wêreldbekroonde wyne, lekker inkopies en opwindende doendinge in dié area kan geniet!

Durbanville (Bigstock)

Kapenaars meen die Noordelike Voorstede begin noord van die Tygerbergheuwels, en die N1 wat daar verbyloop dien as die grens, oftewel die “boereworsgordyn”. Van daar af strek dit so ver as Kuilsrivier en Brackenfell amper tot teen Stellenbosch. Dié voorstede se sentrale ligging maak dit maklik om ’n groot verskeidenheid bestemmings binne minute te bereik. En Kaapstad Internasionale Lughawe en die middestad is net sowat 30 minute van hier af.


Koffiewinkels

Boston Coffee

Waar: Cleveland-straat, Boston, Bellville.
Wat: Koffiewinkel wat sy eie koffie rooster.
Interessant: Die koffiewinkel is in die middel van ’n woonbuurt in Bellville geleë!

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Boston Coffee (@bostoncoffeealtydvars) on

 Alchemy Coffee Roasters

Waar: Bakkerstraat 23, Welgemoed.
Wat: Koffiewinkel wat sy eie koffie rooster.
Interessant: Alchemy het in 2016 begin om hulle eie koffiebone te rooster!

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Alchemy Coffee Roasters (@alchemyroasters) on

Ou Meul Bakkery

Waar: Willowbridge-winkelsentrum, Durbanville.
Wat: Bakkery en restaurant.
Interessant: Ou Meul Bakkery het in Riviersonderend begin en vinnig bekend geraak te danke aan hulle heerlike pasteie!

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Cathryn McCleland (@cath_mccleland) on

The Daily Coffee

Waar: Okavango Crossing, Brackenfell en Langverwacht Plein Sentrum, Langverwacht-weg, Kuilsrivier.
Wat: Koffiewinkel en bakkery.
Interessant: Daar is 23 van dié koffiewinkels landswyd te vinde!

 

View this post on Instagram

 

A post shared by 𝑅𝑜𝓈𝑒 & 𝒯𝒽𝑜𝓇𝓃𝓈 (@shante_hutton) on

 

Wynplase

Die Wes-Kaap spog met wêreldbekende wynroetes en twee van dié roetes loop deur die Noordelike Voorstede: die Durbanville-wynroete én die begin van die Stellenbosch-wynroete. Jy kan sommer vinnig een van die woonbuurte vir ’n landskap van groen heuwels, grondpaaie en wingerde verruil en aan bekroonde wyne teug.

 

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Hillcrest Estate Durbanville (@hillcrestestatesa) on

Durbanville-wynroete

Meerendal | Canto | Diemersdal | Altydgedacht | D’Aria | Groot Phesantekraal

Bottelary-wynroete

Bellevue | Mooiplaas | Hazendal | Hartenberg | Kunjani Wines


Doendinge

Die Noordelike Voorstede het glad nie ’n tekort aan doendinge nie! Jy kan maklik ’n voetslaan- of bergfietsroete op een van die wynplase of Tygerberg Natuurreservaat kafdraf voor jy aan heerlike eetgoed by die Willowbridge Slow Market smul, of tussen die plante en tuinmaakitems by Cape Garden Centre gaan wandel. Vir kranige bergfietsryers is daar lieflike, veilige bergfietsroetes in die Bottelaryheuwels en tussen Durbanville se pragtige wynplase. Aan gesinspret is daar ook nie ’n tekort nie: rodel (toboggan) by Cool Runnings, verfbalbane en verskeie mini-gholfbane. Durbanville, Welgemoed en Kuilsrivier se pragtige gholfbane is ideaal vir gesoute gholfspelers.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Trish Storbeck (@trish_storbeck) on

 

Inkopies

As jy lief is vir winskopies en om ure lank in winkelsentrums te verwyl, is die Noordelike Voorstede nét die plek vir jou! Dié area loop oor van gerieflike winkelsentrums wat aan al jou behoeftes sal voldoen. Oxford-straat in Durbanville en Northumberland-straat in Bellville is die winskopie-mekka ─ hier sal jy enigiets van plastiekware, meubels en skoene tot materiaal vind!


Akkommodasie

Met al die opwindende dinge om te sien en doen sal jy beslis ’n paar dae hier moet vertoef! Dié voorstede bied lieflike blyplekke vir elke sak en smaak! Kliek hieronder vir uitgesoekte verblyf-opsies naby die gewilde geriewe en doendinge, lughawe, wynlande, strande, en die middestad.

Bo links: Cape Pillars Boutique Hotel. Bo regs: 6 on Andrag. Onder links: Zevenwacht Wine Estate. Onder regs: Roses Villa.

Durbanville | Bellville | Brackenfell | Kuilsrivier | Plattekloof


Daar het jy dit! Die Noordelike Voorstede is die ideale bestemming as jy ’n rustige wegbreek naby verskeie geriewe wil geniet of op ’n sakereis moet gaan! Moenie van die plek anderkant die “boereworsgordyn” vergeet wanneer jy jou volgende wegbreek na Kaapstad beplan nie.

Hooffoto: Wiki Commons