Die koue kruip nou nader en reg oor die land begin mense kaggelvure aansteek en sop kook dat die biesies bewe. OPTOG! reis egter wyd en syd met witwarm vermaak om jou knus en gekultiveerd te hou hierdie winter, en dié week is Refentse in Parys.

Refentse tree op 2 Mei op die Vaal de Grace Landgoed in Parys in die Vrystaat op en LekkeSlaap het aan hom ’n paar vrae gestel vóór hy Parys se harte warm sing.

Parys bekoor nie net inwoners en besoekers met die Vredefortkoepel, die hangbrug, die grootste binnenshuise arena in die Suidelike Halfrond en die hoofstraat gesaai met pandjieswinkels nie, maar staan ook bekend as die antieke- en kuns-kern in die provinsie. En met Refentse se opkomende besoek, doen dié dorp sy naam gestand.

Refentse se nuutste album, Liefdegenerasie, het weereens bewys dat hy met elke lied dieper in die Afrikaner-hart kan kruip. Hier is wat dié gesogte sanger te sê gehad het oor vakansie, musiek en nog meer.

LS: Wat is jou gunstelingvakansiebestemming in Suid-Afrika?

R: My gunsteling-vakansiebestemming in Suid-Afrika is loshande die Krugerwildtuin. Soveel om te leer van die natuur en sy stilte.

LS: As jy enige kunstenaar kon kies om mee op te tree, wie sou dit wees?

R: Ek is baie lief vir die werke van Arno Carstens. Dit sal ’n eer vir my wees om saam met hom die verhoog te deel.

LS: Wat is die snaaksste ding wat nog met jou op die verhoog gebeur het?

R: Ek is al geskok deur my kitaar se snare tydens ’n optrede.

LS: Wat is jou gunsteling-ding van Vereeniging, waar jy grootgeword het?

R: Almal is net hulself. Niemand voel gedruk om meer te vertoon as wat hulle het nie. Mense-mense.

LS: Voltooi asb. die volgende sin: “Dit is die lekke’ste lekke om …”

R: Dit is die lekkerste om stil te wees op ’n stil plek en na jouself te luister.

Daar is geen haas nie, so vertoef gerus langer in Parys ná die vertoning en verken die dorp! Kliek hier om ’n lêplekkie te vind:

Ons topkeuse:

 

Ander lekker opsies:

 

Hierdie week se program:

Refentse | 2 Mei | Parys | Bespreek hiér | Bly hiér

Volgende week se program:

Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe | 8 Mei | Kimberley | Bespreek hiér | Bly hiér

Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe | 9 Mei | Upington | Bespreek hiér | Bly hiér

Elvis Blue | 9 Mei | Polokwane | Bespreek hiér | Bly hiér

Elvis Blue | 11 Mei | Kemptonpark | Bespreek hiér | Bly hiér

Moenie volgende week se lawwe onderhoud met Pietman Geldenhuys misloop nie en kliek hiér om ons onderhoud met Pietman Geldenhuys en Wicus Van Der Merwe in verlede week se blog te lees!

Hooffoto: Verskaf