Die gesinsvakansie aan KwaZulu-Natal se Suidkus is reeds bespreek en die paklysie al opgestel, maar het julle al besluit waarheen om te gaan as julle tydens jul seevakansie meer as net die strand wil sien? Wel, Oribikloof en Elandmeer is minder as ’n uur se ry vanaf Port Shepstone en Margate, so voeg dit sommer onmiddellik by die reisplan!

Die skilderagtige Oribikloof is sowat 300 miljoen jaar gelede deur die Umzimkulurivier uitgekerf en spog met ’n magdom doendinge vir oud en jonk. Natuurliefhebbers sal oneindig plesier put uit die verskeidenheid wild en voëls, en die diverse plantegroei wat wissel van grasveld tot woud. Die skeur het egter die meeste van sy roem te danke aan magiese kranse wat pragtige watervalle en skouspelagtige uitsigte oplewer.

Loer gerus ’n bietjie na al die kiekies wat LekkeSlaap opgespoor het om die hele gesin se lus aan te wakker vir ’n besoek aan dié pragtige reservaat!

Die uitsig by Oribikloof kan met selfs die beroemdste uitsigte in die wêreld meeding! Van bo af kan jy oor die eindelose kranse en grasvelde tuur ─ die kloof is 24 km lank en op plekke 4 km breed en 400 m diep!

A post shared by Bryn North (@bryn_north) on

Dié oorhangrots is maar een van vele uitkykpunte wat ’n uitsig oor die kloof bied en dis ook ’n uiters gewilde plek om foto’s te neem!

A post shared by Dominik (@dom.vmrde) on

Hang tussen hemel en aarde wanneer jy die skeur met dié 80 meter lange hangbrug oorsteek ─ en voordat jy wil kop uittrek, onthou net die indrukwekkende foto’s waarmee jy ná die tyd kan spog!

Kan jy jou indink hoe lekker ’n roofvoël tussen dié hoë kranse sal rondsweef? Oribikloof is ’n absolute voëlkykersparadys met ’n ryk verskeidenheid geveerdes soos aasvoëls en sewe arendspesies.

Wild is volop in dié reservaat. Jou kans om die naamdraer van die kloof, die oribi te gewaar, is egter maar bra skraal ─ dis ’n uiters skugter bokkie. Ander hoefdiere soos blesbokke is egter volop.

A post shared by Jessica Rosslee (@jessirosslee) on

Perdry is maar een van vele maniere om die prentjiemooi reservaat met sy al sy natuurwonders te verken.

A post shared by Marina (@marina_tarantino) on

Bring jou stapskoene en pak een van die voetslaanroetes aan wat deur die kloof al langs die Umzimkulurivier kronkel. Daar is selfs oorslaaproetes vir die meer geharde stappers!

Een van dié staproetes lei na die asemrowende Hoep-hoep-waterval ─ ’n verfrissende bestemming ná ’n uur en ’n half se geswoeg en gesweet.

Is jy ’n kranige fietsryer? Dan moet jy beslis die bergfietsroetes al langs die rand van die kloof aandurf!

A post shared by Dean Mendes (@deanmendesza) on

Die 14 Ziplines in Oribikloof is altesaam 4,5 km lank, en die langste trajek is 680 m. Dis die langste kabelglytoer in Afrika wat beslis boaan jou emmerskoplys hoort! En om 300 m bo die grond te hang, is dalk jou beste kans op ’n 360°-uitsig oor die kloof!

Die Lehrs-waterval is waarlik iets om te aanskou wanneer die Umzimkulurivier in vloed is. Dié waterval tuimel 107 m in die diep skeur af en jy kan daar abseil!

Die groot trekpleister by dié waterval is egter die geleentheid om die wêreld se hoogste kloofswaai mee te maak ─ die Wild Gorge Swing. Jy duik letterlik 55 verdiepings in die skeur af! Sien jy kans?

Die Elandmeer is in die vorm van ’n eland, soos uitgebeeld in oeroue San-tekeninge. Maar kyk mooi: Dit lyk ook soos ’n hartjie!

A post shared by Yolanda Mfingwana (@yoriebabes) on


Om jou ervaring by Oribikloof tot die uiterste te benut, stel ons voor jy bespreek een van Lake Eland Game Reserve se huisies waar dit sal voel of jy op die water dryf!

Hier is nog blyplekke wat jy kan oorweeg tydens jou avontuur by Oribikloof en Elandmeer:

Bo: Beachwood Cottage | Bondi Beach 66 | Hill Billion Hotel | Izotcha Cottage

Onder: Misty Creek Guest Farm | Oslo Beach Cottage | Royston Hall Guest House | Stephan’s Guest House

Nou ja toe! Ons hoop dié fotogids het jou oortuig om jou gesin na Oribikloof te neem tydens jul somervakansie aan die Suidkus. Nou is dit jóú beurt om jou mooiste foto’s van dié reservaat op Instagram met ons te deel! 

Hooffoto: “Spur into the gorge” deur Chris Eason (Flickr)