Selfs in die winter is sonskyndae volop aan KwaZulu-Natal se kus! Daarom is dit g’n wonder dat Durban soveel troeteldiervriendelike eetplekke het wat met lekker sitplek in die buitelug spog nie. LekkeSlaap het 10 gaan uitsnuffel om jou voor te berei op jou volgende vakansie in dié sonnige stad met Wagter aan jou sy!

Afro’s Chicken, OR Tambo Parade

Tipe eetplek: Mobiele wegneemeetplek en klein restaurant.
Gewilde disse en drankies: Hoenderburgers, hoenderrepies en slaptjips.
Spesiale kenmerke: Tuisgemaakte souse en kostrokkies vir feeste.
Troeteldiervriendelike geriewe: Buitesitplek teen die strand.

☎ 031 258 2580 | Webtuiste

Beach Bums, Tongaat

Tipe eetplek: Restaurant en kroeg.
Gewilde disse en drankies: Fynproewerspizzas, burgers, peri-peri-hoender, lynvis en mengeldrankies.
Spesiale kenmerke: Groot dek met see-uitsigte, sitplek in die sand, musiekvertonings, funksiegeriewe en weeklikse spesiale aanbiedings.
Troeteldiervriendelike geriewe: Buitesitplek op sand en teen die see.

A post shared by Nikita Barnard (@nikitib) on

☎ 032 943 1132 | Webtuiste

Boiler Room Café, Morningside

Tipe eetplek: Koffiewinkel.
Gewilde disse en drankies: Melkskommels, ontbyt, Cajun-vark-quesadilla, oop broodjies en vars gebak.
Spesiale kenmerke: Ligging in ’n oorspronklike ketelkamer, voorsiening vir spesifieke dieetvereistes, personeelkafee en funksiegeriewe.
Troeteldiervriendelike geriewe: Troeteldiere word binne toegelaat en kry selfs ’n gratis bak water.

☎ 031 312 9021 | Webtuiste

Freedom Café, Greyville

A post shared by Alastair Waldeck (@a_waldeck) on

Tipe eetplek: Bistro.
Gewilde disse en drankies: Ontbyt, Aperol Spritz-mengeldrankie, goeie koffie, pulled pork-rolletjie, burgers, reënboogkoek en vars vrugtesap.
Spesiale kenmerke: Gesondheidsopsies en privaat funksiegeriewe.
Troeteldiervriendelike geriewe: Buitesitplek onder bome in die binnehof, ’n gratis bak water en tuisgebakte hondebederfies.

A post shared by Merisa (@merisanicole) on

☎ 031 309 4453 | Webtuiste

The Galley Beach Bar and Grill, Ballito

A post shared by Aphiwe Ndoyisile (@aphiwe_n) on

Tipe eetplek: Restaurant en kroeg.
Gewilde disse en drankies: Seekosdisse, ontbyt, mengeldrankies en nachos.
Spesiale kenmerke: Kroeg op die boonste dek met groot TV’s vir sportkyk.
Troeteldiervriendelike geriewe: Sitplek op die dek buite, ’n spesiale hondespyskaart en ’n gratis bak water.

A post shared by Ross Olivier (@rossolivier) on

☎ 032 946 0597 | Webtuiste

La Spiaggia, Umhlanga

Tipe eetplek: Italiaanse restaurant en wegneemetes.
Gewilde disse en drankies: Melkskommels, koffie, pizza, pasta en vis-en-tjips.
Spesiale kenmerke: Ligging op die promenade wat dit ideaal maak vir strandgangers.
Troeteldiervriendelike geriewe: Buitesitplek langs die promenade en ’n gratis bak water.

☎ 031 561 6499 | Webtuiste

Old Town Italy, Umhlanga Rocks

Tipe eetplek: Italiaanse bistro, deli en winkel.
Gewilde disse en drankies: Goeie koffie, ontbyt, antipasti, steak, seekos, pizza, pasta, mengeldrankies en Italiaanse drankies.
Spesiale kenmerke: Winkel op die perseel wat ingevoerde, eg Italiaanse produkte verkoop en ’n bakkery wat vars gebak verkoop.
Troeteldiervriendelike geriewe: Buitesitplek op ’n gesellige straathoek.

☎ 031 566 5008 | Webtuiste

Parc, Glenwood

A post shared by Lo Fo (@zalofo) on

Tipe eetplek: Koffiewinkel.
Gewilde disse en drankies: Geposjeerde eiers, goeie koffie, melkskommels, slaai en oop broodjies.
Spesiale kenmerke: Vegan-opsies, craft-bier en wynparingsessies elke nou en dan.
Troeteldiervriendelike geriewe: Buitesitplek op die sypaadjie en ’n gratis bak water.

☎ 031 205 7285 | Webtuiste

Surf Riders Food Shack, South Beach

Tipe eetplek: Restaurant en kroeg.
Gewilde disse en drankies: Ontbyt, koffie, oliebolle, kaasslaptjips, burgers, pizzas, melkskommels en roomys.
Spesiale kenmerke: Ligging op die Gouemyl, ontspanne strandatmosfeer, spesiale ontbytaanbod en craft-bier.
Troeteldiervriendelike geriewe: Sitplek buite onder sambrele op die promenade en ’n spesiale hondespyskaart.

A post shared by C White (@white_c1) on

☎ 062 747 7037 | Webtuiste

The Ocean Terrace by The Oyster Box Hotel, Umhlanga

Tipe eetplek: Bistro-restaurant met Indiese invloede.
Gewilde disse en drankies: Ontbyt (wat oesters en vonkelwyn insluit), pizza, seekos, ontbyt, kerrie en vis-en-tjips.
Spesiale kenmerke: Buffet-etes en funksiegeriewe.
Troeteldiervriendelike geriewe: Buitesitplek en spesiale spyskaarte vir honde en katte.

☎ 031 5145 018 | Webtuiste

Dis maar net ’n handjievol eetplekke in Durban waar jy en jou hond lekker saam kan kom kuier! Om dit alles te kroon is daar boonop ’n hele klomp blyplekke waar Wagter ook welkom is as julle propvol geëet is en ’n middagslapie wil vang:

Kliek hier vir troeteldiervriendelike blyplekke in Durban!

Soortgelyke bloginskrywings:

15 Troeteldiervriendelike Restaurante in Johannesburg
13 Troeteldiervriendelike Restaurante in Pretoria

Hooffoto: Bigstock