Geverifieerde Resensie
Buffalo City
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Buffalo City bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 654 resensies.
"Ons is mal oor Gonubie. Ons het vir 'n ruk daar gebly en sal vir enige iemand aanbeveel om daar te gaan kuier."
"Cintsa is die perfekte dorpie as jy wil ontsnap van die stadsomgewing. Dit is 'n beeldskone omgewing, met kilometers se strande wat smeek om op geloop te word. Die dorpie is bitter klein, met slegs die nodige geriewe. Daar is nie veel om te doen behalwe te rus en die natuur te geniet nie - droomvakansie!"
"Die geriewe is skoon en pragtig geleë. Die ontbyt wat voorgesit word is uit die boonste rakke en ek dink beter as wat mens by ander plekke kry. Dit is beter as vyfster. Was al drie keer daar en geniet dit elke keer meer. Word ten sterkste aanbeveel. "
"Glengariff is a quiet, secluded venue. We had a few young family members over for a braai, and my main concern was the noise level, they did not play loud music, but they were loud in speech. I felt uncomfortable as I felt we were disturbing the peace. So it is not a place for rowdy or loud people. It is a place for a family with young children who go to bed early."
"Nie een van ons gunsteling plekke nie, maar Blues gastehuis het opgemaak daarvoor, uitstekende ligging by die riviermond, en see-uitsig."
"Die gebied rondom die reviermond is goed ontwikkel vir vakansiebedrywighede, restaurante, stappaaie en parkeerplek. Die res van die kus is rotsagtig met beperkte toegang tot die see behalwe waar daar getypoele gebou is."
"Ons sien hulle is besig met die opgradering van die paaie en plek."
"Bunckersheuwel is naby die golfbaan, winkelsentrum in die nabygeleë Vincent area asook Nahoonstrand met sy uitgestrekte strand en oulike koffiewinkeltjies, wat maak dat 'n mens nie ver hoef te ry om by 'n vorm van afleiding te kan uitkom nie. Dit is ook 'n rustige en skoon deel van die stad wat meer 'n plattelandse gevoel gee as jy daar is."
"Ons sal enige tyd weer Gonubie toe gaan. Dit was vir ons 'n tydjie wat ons nie maklik sal vergeet nie."
"Awesome! Het baie veilig gevoel daar. Het opgemerk dat daar geen diefwering op die huise was nie."
"Gonubie het 'n heerlike strand en dit is 'n lekker plek vir kinders om te baljaar in die lagoon."
"Gonubie is 'n groot geheim - dit is by ver een van die mooiste see-plekke in Suid-Afrika, maar sonder die maal en malheid van die Suidkus en ander gewilde seevakansie-plekke. Ons sal weer gaan!"
"Heerlike rustige plekkie en sal definitief weer daar wil gaan kuier. Lekker kuiertyd by die hotel op Saterdagaande en daar is tot helikopter-landingstrook. Wandelpaaie goed onderhou. Sal dit selfs oorweeg as aftree dorp."
"Fantastiese vakansiebestemming, heerlike strande. Veral Nahoon Beach is 'n lekker swemstrand. Fantastiese winkelsentrums soos Beacon Bay Retail Park, Hemingsway Mall en nog vele meer."
"Gonubie is baie mooi en ons sal dit beslis aanbeveel vir enige reisiger."