Geverifieerde Resensie
Buffalo City
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Buffalo City bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 654 resensies.
"Slaggate en die "speed humps" in Stutterheim. Pasop vir hoë spoed-bestuurders. "
"If the municipality could just fix the potholes in Vincent and East London then it will be a pleasure to stay there for a holiday."
"Lekker stil en rustige omgewing sonder 'n oormatige hoeveelheid verkeer om in rond te beweeg."
"Dis 'n baie lekker toeristebestemming. Veilig, en rustig net wat mens nodig het vir 'n vakansie!"
"Kan nie glo dit het soveel jaar vir my gevat om in Oos-Londen te kom nie, pragtig!"
"Gonubie is ideal vir 'n wegbreek vir jou as persoon of gesin. Dit is'n pragtige en veilige gebied waar alles binne loopafstand is. Jy verlaat die plek as 'n nuwe mens.Ek glo almal moet die stukkie Paradys besoek. "
"Baie vriendelike mense. Van die SPAR, die slaghuis en deli tot die oulike pannekoekplekkie by die strand. "
"Dit mag intimiderend lyk, maar besoekers moet tog die duine klim. As jy eers bo is, is dit die moeite werd."
"Gonubie is 'n pragtige plekkie en baie lekker om vakansie te hou, want dit is nie so besig nie. Ek sal net wel aanbeveel dat hulle die slaggate toemaak en dat daar vir die mense wat op Kersdag en Nuwejaar op strande mors meer plan gemaak sal word."
"Stutterheim is surrounded by forestry and beautiful nature walks. Yet, they also have a fantastically interesting Engine Museum, who's caretaker is truly passionate. This is definitely a place to visit as well if you're passing through the little town."
"Ek sal volgende keer 'n dag langer bly a.g.v. puik ligging en beslis my visstokke saambring."
"Baie rustige area. Ek het nie een keer onveilig gevoel nie. Sal graag in die toekoms weer gaan."
"Ons is baie mal oor Gonubie en bly gereeld daar oor op pad Kaap toe. Het al per geleentheid langer ook gebly en die omliggende omgewing verken."
"Sou nie regtig daar kan swem nie, teveel rotse op die strand. Moet na ander strande ry."
"Die winkel in Haga-Haga kan beter ingerig word met meer en 'n groter verskeidenheid voorraad. Dit beskik net oor die basiese en sal onvoldoende wees vir toekomstige besoekers wat hier besoek as 'n selfsorggroep. Veral as 'n mens wil braai, want daar is geen ander winkels beskikbaar in die omgewing as jy iets nodig het nie. Die plek is meer vir rustige besoekers en vissermanne wat daar kom kuier. "