Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2342 resensies.
"Calitzdorp is 'n baie rustige dorpie met baie om te sien en te doen: Klein Karoo Landy Festival in November, die Calitzdorpdam in Buffelskloof langs die Nelsrivier, appelkoospluk en wynproe."
"Werk aan die strate bemoelik dit om rond te ry, hoewel dit seker noodsaaklik is. "
"Pragtige dorpie met oulike winkeltjies, galerye en koffiehuise / restaurante. Die natuur en omgewing is pragtig - Lords Wynkelder is 'n belewenis, asook die lodge/ restaurant / trouvenue met panoramiese uitsigte. Eseltjies by Esetjiesrus raak aan mens se hart. Pragtige huise en geboue!"
"De Rust has always been a favourite for me (it has nothing to do with the fact that I was born in Oudtshoorn). There is so much to see around De Rust and may places to enjoy a meal and a drink."
"Beautiful, quaint little town with galleries, coffee shops, wine tasting - all in one street."
"Mooi geleë tussen die berge. Uitsigte wat jou tevrede laat, wyn, droë vrugte, rustigheid - hier mag 'n mens maar bly! "
"Bonnievale is a lovely small town with the Parmalat factory right there. The wine farms are also lovely and beautiful."
"De Rust se potensiaal is nog by verre nie ontwikkel as toerisme bestemming nie. Dis 'n beeldskone dorpie met hope karakter en stories."
"Besoek Klein Karoo Kombuis vir 'n baie lekker middagete en uitstekende diens."
"Deur die week is die dorpie maar stil, maar vanaf 'n Vrydag kry die plek nuwe lewe."