Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Cape Route 62

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4931 resensies.

De Rust, Kaapse Roete 62

The Travelling Tortoise Retreat

"Vriendelike dorp en mense. Heerlik in die strate geloop en kuier. Pragtige berge."

McGregor, Kaapse Roete 62

Betty Boop Kothuis

"Die mense van McGregor is oor die algemeen baie vriendelik en hulpvaardig. McGregor het vier voetslaanpaaie deur die dorp wat verby verskeie ou geboue gaan. As 'n mens die argitektuur wil sien van die 1800's dan sal McGregor nie teleurstel nie. Die Temenosoord is 'n moet-besoek. Vra gerus die bestuur om deur die tuin te gaan stap vir 'n besondere ervaring. McGregor bied heelwat eetplekkies aan waar geëet kan word, elk 'n unieke ervaring. Eseltjiesrus, die oord vir donkies en esels wat nie meer produktief kan werk nie is 'n besondere ervaring om te besoek. Die pottebakkery het verskeie potte te koop wat 'n juweel sal wees in enige huis. Daar is buite McGregor 'n wynproe-geleentheid of twee. Vir 'n naweek is daar beslis meer as genoeg om te doen, maar McGregor se lekker is juis in die lekker van niks doen en ontspan."

Ceres, Kaapse Roete 62

Clearwater Living

"Ek sal beslis weer na Ceres toe kom. Dit is 'n baie oulike dorpie en het my hart beslis gesteel."

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Gecko Cottages

"Approach to town a disappointing roadside mess of paper, plastic bags, bottles and cans. Otherwise an interesting small town."

Montagu, Kaapse Roete 62

Rainbow Glen Guest Cottages

"Gratis trekkerritte as jy Cape Dry Fruit besoek op ’n Saterdag- of Sondagoggend om 11:00."

Montagu, Kaapse Roete 62

Krom Cottage and Westway Corner

"Such a beautiful little town, and extremely tidy and neat. We attended a Golf Day at the Montagu Golf Club, and the people were just so friendly and well mannered. Wish we could have stayed longer."

Robertson, Kaapse Roete 62

@ Rina's

"Baie mooi skoon dorp met rooi Kannas langs die hoofpad."

Robertson, Kaapse Roete 62

The Vogue - Villa - Timeless Elegance

"Mooi dorpie, daar het 'n paar mooi geboue, kerke, goeie tuisnywerheid, eetplekke behoue gebly in die dorp en die mense is baie vriendelik."

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Uitkyk House

"Heerlike kos, vriendelike mense en pragtige natuurskoon."

Calitzdorp, Kaapse Roete 62

Gasteria Grange

"Die dorpie het ons verbaas!"

De Rust, Kaapse Roete 62

Kabbelrus

"Baie skoon dorpie, net jammer Covid het die toerismebedryf gekelder en sommige winkels moes sluit."

De Rust, Kaapse Roete 62

Meijer's Rust

"Baie stil op 'n Sondagmiddag."

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Uitkyk House

"Fantastiese restaurante, hoë kwaliteit winkels en kunsgalerye en drink die plaaslike wyne, Fernkloof!"

Robertson, Kaapse Roete 62

Cellar1947

"Lovely place and friendly people."

Calitzdorp, Kaapse Roete 62

Matjiesvlei Cottages

"Lieflike klein dorpie, nie baie tyd daar spandeer nie, maar vind dit lekker plattelands."

Robertson, Kaapse Roete 62

Robertson Boutique Backpackers

"We had a great two nights of peace and relaxation."

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Elfen House and Cottage

"Ons is baie lief daarvoor om Prince Albert te besoek en sal vir seker weer so maak. ’n Pragtige, skoon dorpie met wonderlike uitsigte oor die berge en die Karoo. Ons bid net vir goeie reën saam met al die Prince Albert inwoners."

McGregor, Kaapse Roete 62

Karoo Cottage

"If peace and tranquillity are what you're after, coupled with good, artisanal food, then McGregor is the place for you."

McGregor, Kaapse Roete 62

Plum Tree Cottage

"'n Goeie wegbreek vir die natuurliefhebber. Daar is 'n paar staproetes en maak vir 'n rustige naweek uit die stad. Sal voorstel om ten minste 1 maal in jou lewe McGregor te besoek. Lords Wines is ook in die area en 'n definitiewe móét wanneer jy daar is."

Robertson, Kaapse Roete 62

The Vogue - Villa - Timeless Elegance

"Beste wynplase en fantastiese dienslewering."

Montagu, Kaapse Roete 62

Squirrels Corner

"’n Besoek aan Montagu is 'n moet - dit is een van die mooiste dorpies in die Klein Karoo. Die berge is asemrowend mooi en die varsheid van die omgewing het 'n kalmerende invloed op enige besoeker en inwoner."

Prins Albert, Kaapse Roete 62

The Cottage

"Pragtige skoon en netjiese dorp."

McGregor, Kaapse Roete 62

Karoo Cottage

"Ons was al 'n paar keer in McGregor. Dit is net die regte dorp vir ons stadsmense om weg te kom van al die gejaag en net te onspan. Daar is genoeg restaurante om by te eet en die mense daar is ongelooflik vriendelik."

Robertson, Kaapse Roete 62

50 White

"Pragtige dorpie. Ons het heerlik gekuier by Van Loveren wynplaas se restaurant Christina's onder hul lower groen bome. By Esona wynplaas het ons 'n unieke wy proe gehad in hul kelder. Ons het ook Birds Paradise besoek. Pragtige plek om jou kinders heen te vat. Four Cousins Restuarant op Robertson is 'n moet. Sal vir seker weer wil gaan kuier op Robertson."

Kaapse Roete 62

Sipreslaan Selfsorg Gastehuis

"Again have recently discovered this part of South Africa and we have been to different locations a number of times. It is great and has special people!"

Kaapse Roete 62

Karoo Escapes Private Game Lodge

"Roete 62 is propvol wonderlike mense en besonderse bestemmings wat dit 'n moet-beleef maak - van selfs vir die wat net 'n uur weg woon."

Robertson, Kaapse Roete 62

On the 18th

"Baie goeie restaurant, Bourbon Street."

Kaapse Roete 62

Oaksrest Vineyards Gasteplaas

"Die mense se vriendelikheid waar jy ook gaan. As jy selfs 'n lekker boerpampoen sien op die lande, klop aan en Oom Wimpie help jou met ope arms en liefde. Die bergpasse is onbeskryflik mooi. Vertoef en jy sien die Klein Karoo uit 'n ander oog."

Blad
Blad 73 - Wys 2161 tot 2190
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem