Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2342 resensies.
Prince Alfred Hamlet, Kaapse Roete 62
Hamlet Country Lodge"Dankie aan elkeen vir hul vriendelikheid, uitstekende diens en gasvryheid Well done!"
"Pragtige dorpie met vriendelike mense en talle goeie akkommodasie, restaurante en wynplase met kelders."
"Een van die regtige mooi paaie wat te offer is in SA, so baie om te sien en doen op die roete."
"Pragtige dorp. Baie rustig so tussen die majestueuse berge. Sal verseker weer daar besoek aflê."
"Ek verneem dat daar 'n groot getal HOP-huise gebou word aan die kant van die dorp. Ek dink dit gaan definitief 'n invloed hê op die toerismebedryf daar. Op die oomblik is dit nog 'n pragtige, rustige dorpie."
"Die dorpie De Rust bied goeie verblyf en interessante winkels en eetplekke. Daar is 'n vulstasie, maar die plek se voorkoms laat veel te wense in 'n mooi dorp soos De Rust waar baie besoekers aandoen. "
"Oulike dorpie, paaie bietjie aandag nodig in die dorp, maar mense vriendelik."
"Hierdie dorpie het my hart gesteel! Dis pragtig en silwer skoon. Ou sjarme begroet jou om elke hoek en draai."
"Ons was gelukkig om 'n troue in die ou N.G. Kerk by te woon. Wat 'n wonderlike ou gebou! Die diens daar het bygedra tot ons goeie herinneringe aan Robertson en omgewing. Ons sal beslis weer die omgewing besoek!"
"Ek is mal oor Montagu as toeristebestemming. So baie mooi plekke om te besoek. Ons het geëet by die Montagu Hotel en dit was 'n wonderlike ervaring. Sowat van goeie diens en voortreflike kos. Daar is soveel te sien wat kuns en handwerk aanbetref in Montagu en die omgewing is ook mooi. "