Verified Reviews

Cape Route 62

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62

Rated 4.5 out of 5 based on 2352 reviews.

McGregor, Cape Route 62

Boesmanskloof Blushingbride Cottage - No.1

"Pragtige dorpie - lekker eetplekke - mooiste omgewing, natuur is hemels!"

McGregor, Cape Route 62

Boesmanskloof Eagle's Nest

"McGregor is 'n stil, rustige, maar vriendelike plattelandse gemeenskap. Die mense is soos die mense van ouds - hartsmense. "

De Rust, Cape Route 62

House Martin Lodge and Self Catering

"Wou twee nagte bly maar moes besoek kortknip. Min mense op De Rust weet van Toorwaterpoort."

Calitzdorp, Cape Route 62

The Queen of Calitzdorp

"Enige reisiger moet een of ander tyd in sy lewe 'n draai maak op Calitzdorp. Die munisipaliteit kan gerus meer moeite doen met die voorkoms van die dorp. Veral die teerpaaie het baie aandag nodig."

De Rust, Cape Route 62

The Travelling Tortoise Retreat

"De Rust is baie meer werd as net 'n deurry."

McGregor, Cape Route 62

Boesmanskloof Blushingbride Cottage - No.1

"So lekker om weer in so 'n plattelandse dorpie te kon wees, waar jy nog in die middel van die straat kan afstap en diere op die kleinhoewes in die dorpie te sien. Die mense is bevoorreg om nie so 'n gejaagde lewe te lei nie soos ons in die stad nie."

McGregor, Cape Route 62

Boesmanskloof Blushingbride Cottage - No.1

"Ek moet spesiaal meld dat die dame by die inligtingskantoor in McGregor uiters hulpvaardig en ingelig is. Sy is haar gewig in goud werd."

McGregor, Cape Route 62

Boesmanskloof - Die Galg Thatched Roof Cottages

"Wat 'n lieflike, vriendelike dorpie. Ek het nogal gesê ek sal in McGregor bly en in Robertson werk as dit so sou kon wees. Mense mense en wat treffend was om elkeen 'n kans te gun om sy besigheid sukselvol te maak, is die feit dat elkeen spesifieke unieke items verkoop, nie een winkel is 'n copy of het copies van ander nie.... eintlik 'n groot les hieraan."

Robertson, Cape Route 62

Wederom Guest Farm

"Ons gunsteling Boland-dorp. Baie om te doen en die wynlande en wynplase is werklik beeldskoon ongeag die tyd van die jaar."

De Rust, Cape Route 62

House Martin Lodge and Self Catering

"Die paar winkels het verminder en sommige se goed te koop het afgeneem. Enigste moeite werd plek is Village Trading Post. Goedkoop en lekker geëet by Herrie se Plek. Baie lastig geval deur parkeraanwysers en bedelaars. Ons plattelandse gemeenskappe het drastiese ingryping nodig om opheffingswerk te doen. Kry mense regtig jammer!"

Cape Route 62

River View Cottages

"Besig om agteruit te gaan. 'n Paar padstalletjies was met vorige besoeke uitstekend en toe verander van eienaar, en nou nie meer dieselfde nie. Baie jammer maar seker die gang van dinge."

Montagu, Cape Route 62

Montagu Country Hotel

"Pragtige dorp. Die moeite werd om te besoek."

Prince Alfred Hamlet, Cape Route 62

Hamlet Country Lodge

"Dankie aan elkeen vir hul vriendelikheid, uitstekende diens en gasvryheid Well done!"

Robertson, Cape Route 62

Paul Kruger 63

"Dit is 'n oulike dorp."

Calitzdorp, Cape Route 62

Klokkies B&B

"Pragtige dorpie met vriendelike mense en talle goeie akkommodasie, restaurante en wynplase met kelders."

Robertson, Cape Route 62

Randrivier Guesthouse

"Pragtige toeristebestemming. Sal weer besoek indien moontlik."

Calitzdorp, Cape Route 62

The Queen of Calitzdorp

"Dit was die Winterfees, dit is hoekom ons jaarliks gaan."

Cape Route 62

River View Cottages

"Een van die regtige mooi paaie wat te offer is in SA, so baie om te sien en doen op die roete."

Robertson, Cape Route 62

Randrivier Guesthouse

"Robertson is 'n unieke dorpie, enige toeris se droom."

Montagu, Cape Route 62

Montagu Vines Guesthouse

"Hoop die padwerke word gou afgehandel."

Montagu, Cape Route 62

Montague 4 Seasons

"Besoek Die Stal net buite Montagu vir 'n heerlike ontbyt. Pragtige ligging!"

Montagu, Cape Route 62

Anchorage Inn Guesthouse

"'n Pragtige dorp en 'n mens moet sommer 'n paar dae daar spandeer."

Cape Route 62

River View Cottages

"Roete 62 het baie om te bied! Ons het 'n baie mooi land!"

Montagu, Cape Route 62

Koo Karoo Guest Lodge & Self-catering

"Pragtige dorp. Baie rustig so tussen die majestueuse berge. Sal verseker weer daar besoek aflê."

McGregor, Cape Route 62

Orchard Cottage

"Ek verneem dat daar 'n groot getal HOP-huise gebou word aan die kant van die dorp. Ek dink dit gaan definitief 'n invloed hê op die toerismebedryf daar. Op die oomblik is dit nog 'n pragtige, rustige dorpie."

Calitzdorp, Cape Route 62

Klokkies B&B

"Die omgewing is die belangrikste faktor vir iemand wat nie wyn en port drink nie!"

De Rust, Cape Route 62

Meijer's Rust Farm

"Die dorpie De Rust bied goeie verblyf en interessante winkels en eetplekke. Daar is 'n vulstasie, maar die plek se voorkoms laat veel te wense in 'n mooi dorp soos De Rust waar baie besoekers aandoen. "

Page
Page 73 - Showing 2161 to 2190
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Guest account already exists

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account linked to

It looks like you already have a guest account. Please log in to verify your identity before we set up your host profile.

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers