Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 4936 resensies.
"Dis pragtig, maar duur. Die weer was nie baie nice nie. Glad nie 'n plek waar ek sal wil bly nie."
"Alles werk en alles word in stand gehou. Plesier om hier in die stad te wees. Wens die ander provinsies wil leer by die beste."
"Kaapstad se dienste was goed, paaie in 'n goeie toestand en al die strande was mooi skoon."
"Die suid-ooster het ons amper daagliks weggewaai. November, Desember en moontlik Januarie is nie vir ons Mpumalangamense aangenaam in die Kaap nie. Miskien Februarie en Maart en April, maar Mei tot Oktober is dit reën. Ons kind woon in Blouberg en ons kuier gereeld daar. Die Kaap se voordeel is dat die plaaslike owerhede doen hulle werk en die werkers by die winkels is baie vriendelik en daar is nie soveel rommel en slaggate in die strate nie. Dis al rede hoekom ons Kaap toe gaan. "
"Wonderlike bestemming, mooiste natuurskoon. Omgewing en besienswaardighede om van te droom."
"Kaapstad is 'n baie bekende toeristebestemming. Dit bied 'n verskeindenheid van aktiwieteite."
"Sad that the crime is leaking in. We were turned away from Signal Hill and had a smash and grab when our car was parked at the base of the Table Mountain hike, and Cecilia Forest right in front of the guard house."
"Look, CT is beautiful, but for us to stay or holiday more than once every 5 years won't just happen. But we love the nature, mountains and all that comes with it."
"Ons het ons tyd vreeslik geniet. Ons was net teleurgesteld in Robbeneiland en die Kasteel. Sal die twee plekke nie weer besoek nie. Die res van ons aktiwiteite was baie baie lekker gewees."
"Vanaf Gordonsbaai via Simonstad tot by Duynefontein is daar 'n magdom doendinge en besienswaardighede vir elke persoon se smaak."
"For me and family it's a tradition that we drive to Cape Town for December holidays after every two years. We love the city."
"Pragtige skoon stad met vreeslik baie dinge om te doen en te sien en te proe."