Geverifieerde Resensie
Cape Winelands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3732 resensies.
"Met die interessante inligtingsbrosjure kan mens werklik baie plekke besoek. Selfs ook omliggende dorpe wat Paarl 'n ideale verblyf maak."
"Worcester en omgewing bied baie vir die toeris en mag dit die moeite werd wees om die toerismesentrum te besoek of meer op die internet na te slaan."
"Baie onvriendelike mense. Met my eerste besoek aan Robertson stop ons met aankoms by die padstal “Affie Plaas” om 16:45. Ons stap die padstal binne en begin lekker rondkyk en vind dit 'n baie aangename padstal. Die eienaar kom 16:55 na ons toe en vra ons om asb. te gaan betaal want die werkers se vervoer wag vir hulle. Dit was opvallend dat sy vrou die persoon is wat die kassier was. Ons het dit baie onbeskof gesien, want daar was geen werkers betrokke by ons besoek nie."
"Wonderlike dorpie! Gaan koop droë vrugte en 3 berge brandewyn!"
"As jy lief is vir wyn, kan jy nie in 'n beter dorp gaan bly nie. Duisend wyne om van te kies en slegs 'n paar minute van die see af (Strand en Gordonsbaai). Naby geleë dorpe maak vakansie hou soveel lekkerder. En S'Bosch se studente is iets vir die oog!"
"Very beautiful area of the Cape, so much to do. Towns like Wellington and Paarl in close traveling distance."
"Stellenbosch het meer as net sy wynplase. Die dorp het baie interessante eetplekke, kuns en die Botaniese tuine is 'n moet."
"Daar is redelik baie dinge om in Paarl te doen, en moenie van die wynproe vergeet nie! Baie staproetes, en die Afrikaanse Museum- en monument sowel as Paarl Rock is iets om te besoek."
"Whilst we understand Covid restrictions, it would be nice if some of tourist attractions are over a weekend."
"Dit was my eerste besoek aan Robertson en beslis nie die laaste nie. Die wingerd- en vrugteboorde tesame met die berge het sy eie bekoring gehad, rus vir die siel!"
"Pragtige ou dorp. Boomryk en amper-plaas. Ons het selfs die Taalmonument besoek wat ons laas besoek het met sy inhuldiging."
"Ons is gek oor Montagu! Die vriendelike mense, al die besienswaardighede en dinge om te doen maak dit beslis 'n kuier werd. Die vars Karoolug en natuurskoon dra by tot 'n ervaring wat almal moet ervaar, selfs al is jy nie 'n Karoo mens nie. Montagu is beslis 'n juweel met baie om te bied. Mag die dorpie van krag tot krag gaan!"