Geverifieerde Resensie
Cape Winelands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3635 resensies.
"Gratis trekkerritte as jy Cape Dry Fruit besoek op ’n Saterdag- of Sondagoggend om 11:00."
"Such a beautiful little town, and extremely tidy and neat. We attended a Golf Day at the Montagu Golf Club, and the people were just so friendly and well mannered. Wish we could have stayed longer."
"Paarl en sy omliggende gebiede het van die mooiste uitsigte en van die beste wynplase asook lekker dinge vir kinders om te doen."
"If peace and tranquillity are what you're after, coupled with good, artisanal food, then McGregor is the place for you."
"'n Goeie wegbreek vir die natuurliefhebber. Daar is 'n paar staproetes en maak vir 'n rustige naweek uit die stad. Sal voorstel om ten minste 1 maal in jou lewe McGregor te besoek. Lords Wines is ook in die area en 'n definitiewe móét wanneer jy daar is."
"’n Besoek aan Montagu is 'n moet - dit is een van die mooiste dorpies in die Klein Karoo. Die berge is asemrowend mooi en die varsheid van die omgewing het 'n kalmerende invloed op enige besoeker en inwoner."
"Ons was al 'n paar keer in McGregor. Dit is net die regte dorp vir ons stadsmense om weg te kom van al die gejaag en net te onspan. Daar is genoeg restaurante om by te eet en die mense daar is ongelooflik vriendelik."
"Pragtige dorpie. Ons het heerlik gekuier by Van Loveren wynplaas se restaurant Christina's onder hul lower groen bome. By Esona wynplaas het ons 'n unieke wy proe gehad in hul kelder. Ons het ook Birds Paradise besoek. Pragtige plek om jou kinders heen te vat. Four Cousins Restuarant op Robertson is 'n moet. Sal vir seker weer wil gaan kuier op Robertson."
"Pragtige dorpie met alles wat jy nodig het, sal beslis weer daarheen haan as die geleentheid opduik."
"Worcester en omgewing, bied jou iets van alles. Jy kry die stad-atmosfeer binne 'n landelike omgewing en die mense is opreg vriendelik en jy voel dadelik welkom."
"Rawsonville is quite a small town and with the wine industry out of bounds right now, there was not much more but the OK food store, which we were forced to visit."