Geverifieerde Resensie

Drakensberg, South Africa

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Drakensberg, South Africa bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4382 resensies.

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

de Minimalist House

"Beautiful town, great for hiking and exploring."

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

414 Rose Cottage

"Beurtkrag word klokslag toegepas, drie maal per dag vir die hele dorp. Die internet/WiFi het gesukkel om te herstel na 'n kragonderbreking maar dit was 'n algemene probleem in die dorp."

Champagne Castle, Drakensberge, Suid-Afrika

Adel Cottage

"Baie besienswaardighede en winkeltjies om te besoek. Enigste negatiewe kommentaar is dat daar die tyd van die jaar baie voorbrande gemaak word in die omgewing."

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

Meander Stay

"Pragtige omgewing en rustige naweekwegbreek."

Champagne Castle, Drakensberge, Suid-Afrika

The Goodland Cottages

"Jammer om te sien hoe die paaie agteruitgegaan het. Die natuurskoon bly asemrowend mooi!"

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

Mystic Mountain Cottage

"A wonderful bohemian atmosphere and a great golf course is an added bonus."

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

Views

"Clarens is beautiful, but the roads need some serious attention."

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

Rosewood Corner

"Dit was ons eerste besoek aan Clarens en was heeltemal anders as wat ek dit voorgestel het maar baie mooi en aangenaam. Mense is vriendelik. Groot verskeidenheid restuarante, kos was by almal heerlik maar effens aan die duur kant, nie een rekening was onder R500 vir 2 persone nie. Dus as jy daar gaan kuier op 'n begroting is selfsorg 'n beter opsie. Die winkels wat geskenke/aandenkings/snuisterye verkoop was 'n bietjie van 'n teleurstelling. Heelwat winkels verkoop dieselfde goed en meeste van die goed is duidelik herkenbaar as dit wat jy by Sjhinese winkels oraloor kry sowel as goedere wat van Indiaë af ingevoer word in 'n tyd waar daar so baie Suid-Afrikaners 'n ekstra inkomste probeer maak met oorbelle, klere en allerhande kuns goedies wat hulle self maak - kyk maar op Facebook na al die kunsgoed en maak-dit-self-groepe. As hierdie winkels se pryse ietwat laer is sal hulle heel waarskynlik meer geld maak (my opinie) - iets spesefiek wat ek opgelet het is 'n winkel wat 'n tafeldoek vir 'n 4 of 6 sitplek tafel verkoop vir R580. Die materiaal is niks besonders nie, kan by enige materiaalwinkel gekoop word en ek weet daardie tipe materiaal is nie so duur nie en dan is die afwerking boonop glad nie netjies en afgerond nie. Dit is my opinie. Na dit als sal ek beslis weer in Clarens gaan kuier want dit bly 'n ongelooflike mooi plek met die berge so rondom die dorp."

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

Forest Lane

"Ons het al voorheen Clarens besoek, en dit was toe lekker, maar na Covid en die inperking, het Clarens sy sokkies opgetrek, met klomp nuwe eetplekke en ander winkels wat gefokus is op kliëntediens. Met almal wat dees dae besighede rate op kos, diens en veele meer kan jy nie sommer meer voortbestaan sonder om goeie kos, diens en kwaliteit te lewer nie. Well done Clarens, ons sien julle weer. Laastens, die teerpaaie na Clarens het egter n uitdaging geword. Ons het van Centurion gekom, en op die staduim is die pad tussen Warden oor Bethlehem die beste, maar ook met slaggate, so ry maar versigtig, veral as jy met 'n motor ry. Ek het self op waarskuwing van Forest Lane gekies om eerder met ons bakkie te gaan, want as on ons motor gebruik het sou ek 'n band verloor het op een plek waar en nie 'n slaggat kon mis nie."

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

Die Kruik

"Heerlike toeristedorp wat altyd fassineer met sy verskeidenheid."

Sentraal Drakensberge, Drakensberge, Suid-Afrika

Goodhope Country Escape

"'n Asemrowende omgewing en heerlike wegbreek-toeristebestemming met baie om te sien en te doen."

Fouriesburg, Drakensberge, Suid-Afrika

Four Koffie

"There is still a lot I would like to explore. "

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

de Minimalist House

"Clarens is 'n lieflike dorpie. Kyk maar eers oral rond, voor jy koop, heelwat van dieselfde goed te koop maar pryse verskil hemelsbreed. Bespreek by restaurante vir etes, anders moet jy maar gaan waar jy 'n plekkie oop kry, en dit is nie noodwendig waarvoor jy lus het nie. Die plaaslike inwoners is baie vriendelik. Oor die algemeen is dit nie 'n groot probleem om parkeerplek te kry nie, maar jy moet soms 'n ent stap om by die winkels ens. uit te kom. Daar is als wat jy nodig het. Jy moet net tyd hê en bietjie rondsnuffel."

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

Kahara Maluti Lodge

"Dit was ons eerste keer in Clarens en ons het dit regtig baie geniet. As jy nog nie Clarens besoek het nie moet dit definitief op jou "to do list" gevoeg word."

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

Dragonfly Self-catering and Bike Rescue

"One of the most beautiful places we have ever been to. We would recommend Clarens to everyone."

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

Collett House

"Clarens was 'n great ervaring gewees. Het dit baie geniet. Sal dit beslis aanbeveel."

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

Mont Rouge

"Sal beslis weer gaan kuier."

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

Woodlands Retreat Private Property

"Amazing dorpie. Lekker atmosfeer en heerlike kuierplekke. Koffie en croissants by Highland Coffee is iets spesiaal!"

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

La Bri

"Fantastiese toeriste-omgewing!"

Winterton, Drakensberge, Suid-Afrika

Ambleside House

"Ons kon nie baie tyd in die dorp self spandeer nie, maar ons het wel The Pig and Plough en The Farmer's Lawn-mark baie geniet."

Fouriesburg, Drakensberge, Suid-Afrika

Lesoba Guest Farm

"Baie oulike dorpie. Dit was baie hartroerend om te sien hoe die mense van die dorp nie kla oor hoe vuil die dorp is nie. Hulle het sommer self die strate ingevaar en begin skoonmaak. Ek haal my hoed vir hulle af."

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

Royal Coachman Lodge

"Wonderlike dorp met uitstekende eetplekke en unieke winkels. Asemrowende omgewing tussen die berge."

Underberg, Drakensberge, Suid-Afrika

Valley Lakes

"Wonderful destination to truly immerse yourself in the splendor that is the Drakensburg."

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

Rooiberg View Clarens

"Always a treasure and always a pleasure."

Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika

Willow Villas

"A trip to the Cheese Farm Barris Monger for lunch. Very nice setting and delicious cheese."

Blad
Blad 26 - Wys 751 tot 780
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang