Geverifieerde Resensie
Drakensberg, South Africa
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Drakensberg, South Africa bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4382 resensies.
Fouriesburg, Drakensberge, Suid-Afrika
The Farm House @ Mont Plaisir Guest Farm"Daar is nie ordentlike kruideniersware winkels nie. 'n Paar kafees en 'n algemene handelaar. Naaste dorpe met kettingwinkels is Betleheme of Ficksburg en Clarens."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Clarens Valley Lodge"Fantastiese plekkie vir enige iemand om te besoek. Oulike winkels en heerlike restaurante. Dit is 'n sprokies dorpie."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Fairview Cottages"Dit was vir my regtig besonders dat Clarens op Kersdag tot stilstand gekom het. Skaars 'n motor gesien, behalwe voor die kerk. Die diens was stampvol (ons was by die 10 vm een) en die voorbereiding daarvan absoluut fantasties. Hulle het baie moeite gedoen en ons het dit opreg waardeer. Dankie aan almal wat betrokke was!"
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
God's Gift Self-catering Cottage"Vir veral kunsliefhebbers 'n paradys en die natuur is so mooi. "
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Mont Rouge"As gesin keer ons gereeld terug na die skilderagtige dorpie."
Noordelike Drakensberge, Drakensberge, Suid-Afrika
ATKV Drakensville"Altyd wonderlik om in die area te kom! Trotse, pragtige Suid-Afrika. Waarom sal ons oorsee gaan as ons hierdie juweel het?"
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
V'Kansi Khaya"Baie mooi dorpie omring met berge en almal vriendelik. Mens moet net besef omdat dit gewild is, is die koste van uiteet, inkopies ens. nie goedkoop nie."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Clarens Valley Lodge"Altyd die moeite werd om 'n paar dae hier te vertoef. Hier is iets vir almal om te doen. In die kostelike dorpie is daar baie winkeltjies om in te kyk, heerlike restaurante om in te eet en moenie vergeet van Clarens se eie brouery met 'n wye verskeidenheid biere om te proe. As jy genoeg gehad het van winkels, is daar ook baie aktiwiteite vir die avontuurlustiges. Zip-line deur die bome of witwatervlotry af met die Asrivier wat jaarom water in het as gevolg van die Caledon-watertonnel vanaf die Katsidam in Lesotho. Net 'n paar kilometer buite die dorp is ook die pragtige Golden Gate met staptoere en rytoere. So 'n pragtige deel van ons land!"
Rhodes, Drakensberge, Suid-Afrika
Alpine Swift Trails High Altitude Training Facility"Ek sal die plaaslike inwoners en geskiedenis van Rhodes wil leer ken."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Bella Vista"Pragtige plek en 'n die omgewing is so mooi en kalmerend op 'n persoon. Hemels."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
By the Way Gastehuis"Pragtige toeriste aantreklikheid. So rustig, veilig en vriendelik. Voorwaar 'n aangename belewenis."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Arundel Studios"Nie vreeslik baie om te doen buiten drink en lekker eet nie, maar dit is 'n pragtige bestemming vir 'n vinnige wegbreek!"
Underberg, Drakensberge, Suid-Afrika
The Old Hatchery Lodge"Genoeg besienswaardighede om jou besig te hou."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Cottage Pie"Fabulous town which is very well geared towards visitors with excellent restaurants and a lovely, easy-going lifestyle. The cheese deli is a must!"
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Fairview Cottages"Daar is baie om te doen en te ervaar. Mens moet werklik 'n paar dae daar bly om meer van die aktiwiteite te ervaar en uit te probeer. Mooi omgewing en baie skoon lug. "
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Fairview Cottages"Pragtig, en die mense is deur die bank vriendelik en behulpsaam."
Van Reenens Pass , Drakensberge, Suid-Afrika
Pyramids Motel"Pragtige omgewing met versteekte besienswaardighede!"
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Talking Trees Self-Catering House"Lieflike dorpie met heeltemal te veel om te doen in net een naweek."