Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9657 resensies.
"Ons het die lieflike kortpad na De Rust gery. Oulike dorpie om deur te snuffel."
"Vir my en my metgesel was Sedgefield die perfekte vakansiebestemming, presies waarna ek en my vrou uitgesien het. "
"Dit bly maar vir my 'n pragtige deel van ons land. Stormsrivier, die dorpie, was 'n aangename verrassing. Weggesteek, maar doen gerus die moeite en draai daar in. Ek was vir die eerste keer in Jeffreysbaai. Heerlik gekuier en die heerlikste wafels geëet! Gouritsmond was ook een van die plekke waar ek nog nooit was nie. Ons het Gouritsmond toe gery en heerlik gekuier daar. Daar is beslis plekke waar ek nog nooit was nie. Die Tuinroete gaan baie meer van my sien!"
"Ons het al verskeie male in die omgewing gebly - en is mal daaroor om die Swartbergpas te ry - dit is net 'n ongelooflike belewenis om daardeur te ry. Natuurskoon soos min! "
"Beste plekkie om ietsie te eet is by The Village Trading Post. Vriendelike diens en lekker kos."
"Ons kom al vir die afgelope 4 jaar op gereelde basis na Sedgefield. Baie lekker sentraal en ons hou van die rustigheid en omgewing."
"'n Skoon, interessante en vriendelike dorp. Moenie net deurry nie, spandeer 'n paar nagte en verken en geniet die dorp."
"Witsand is 'n heerlike juweeltjie. Pragtige strande waar mens heerlik kan loop en skulpe optel. Ek het nog nooit sulke hope skulpe op 'n strand sien lê nie. Visvang is nie my passie nie, maar duidelik is dit ook die plek daarvoor as jy daarvan hou nie. Daar is al die geriewe wat jy sou verwag, maar dit voel nie kommersieel nie. Dit maak dit 'n plus punt aangesien dit mos juis is waar mens wil rus as jy wil wegkom van daaglikse stresse. Pragtige, skoon omgewing. Lekker vakansieplek. Lekker blyplek as jy sommer net wil wegkom en maak asof jy in die paradys lewe."
"'n Pragtige bestemming. Die enigste probleem is dat die swemstrand relatief ver van Stilbaai-Wes is. "
"Gourits is 'n baie lekker plek om vakansie te hou dis lekker stil. Die meeste van die goed wat 'n mense nodig het is beskikbaar in die dorp."