Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 15868 reviews.
Great Brak River, Garden Route
Amelia's by the Sea"Alles so by die see is vir my wonderlik en dan nog een met 'n uitsig en jy kan die see hoor, as jy slaap. 10 uit 10."
"Baie mooi, draai van hoofroetes af en ontdek nuwe mooi plekke. Elke hoek en draai 'n geleentheid vir 'n mooi foto."
"Mooi plek. Omgewing is skoon en netjies. Almal is uiters vriendelik en laat mens welkom voel."
"Die eenheid is in Heroldsbaai wat naby George is. Ons hou baie van die omgewing en veral die strand is baie mooi, net oorkant 'n stil straatjie."
"Uit en uit die mooiste en skoonste vakansieplek! Waarde vir jou geld."
"Mosselbaai is ons hartsplek. Vriendelike mense en lekkerste strande, eetplekke en atmosfeer. Vir seker op ons lysie van aftreeplekkies."
Great Brak River, Garden Route
Kusweg Wegbreek"Naby aan Mosselbaai met twee groot malls en sentraal geleë met menige besienswaardighede."
"As daar 'n betrekking is sal ek permanent verhuis vanaf Kaapstad na Mosselbaai. Die dorp se diens is onvergelykbaar! Talentvolle dorp met baie vir almal. Kunds, kultuur, luier, nostalgie, geskiedenis, doen dit en Mosselbaai het dit! Dis MOSS die plek om te wees en ons het so lekker geslaap. "
"Ons was net vir 1 nag daar so kan nie veel se oor die dorp nie. Dit is 'n baie mooi plekkie, wat ek wel kan se is as jy in Sedgefield is moet jy by Pili Pili Restaurant gaan eet ─ waarde vir geld en regtig heerlike kos!"
"Was so verras deur Stilbaai, asook die besighede wat ons besoek het. Baie netjies en kry 'n vakansiegevoel sonder die vertrapping van mense!"