Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2570 resensies.
"Ons het 'n wonderlike dag deurgebring in die Karoo Nasionale Park. Ons sal dit hoogs aanbeveel vir diegene wat nog nie 'n tydjie gemaak het om die park te besoek nie. "
"Baie gawe mense en die potjiekos- en witblitsaand was sommer baie lekker en het interessante mense ontmoet. "
"Wonderlike toeristebestemming, nog lank nie klaar gekuier nie en sal baie graag wil teruggaan!"
"Lekker vir 'n langnaweek. Dorpie lieflik vir stap, voel veilig. Weet daar is nog baie onontginde skatte in die omgewing waarvoor ons nie tyd gehad het nie."
"Prins Albert is 'n baie oulike, rustige Karoodorpie. Daar is baie lekker eetplekkies. Kan nie wag om weer te gaan nie!"
"Beaufort-West soos die res van die Kaapprovinsie word baie goed skoongehou. Ons haal ons hoed af vir die munisipaleit en hul werkers. Welgedaan!"
"Ons ken die dorp van vroeëre besoeke en het dus geweet wat om te verwag, maar dit bly skilderagtig en gesellig."
"Ons het die museums baie geniet en die dorpie is pragtig, al wat bietjie erg was is die verkeer reg deur die dorp."
"'n Redelik groot dorp met al die nodige geriewe selfs 'n Spur Restaurant.. Baie netjiese oornaggeriewe gesien so met die deurry."