Verified Reviews
Hermanus
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hermanus
Rated 4.8 out of 5 based on 1171 reviews.
"Walvisboot is gekanselleer alhoewel die wind en weer vir 'n mens perfek lyk is dit blykbaar 'n ander storie op die oop see, so weet dit net."
"Hermanus was maar mos nog altyd 'n lekker wegbreekplekkie vir ons Kapenaars al van my jeugdae. Grottostrand is pragtig onderhou. Die volop fynbos was ook so mooi."
"Lieflik, gerieflik en hoogs aanbeveel as jy uit die gewoel van Hermanus self wil uitkom. Alle denkbare geriewe op jou voorstoep en 'n klipgooi van die hoof besienswaardighede van Hermanus."
"Kuier altyd baie lekker in Hermanus. Al die nodige winkels om jou reis gerieflik te maak."
"Hermanus is altyd 'n lekker bestemming vir 'n naweekwegbreek-geleentheid. As jy klein kindertjies het sal ek verseker Wonderland Cafe besoek by die Super Plants kwekery."
"Hermanus is my en die vrou se gunsteling wegbreekplek. Met 'n lewendige toeriste ingesteldheid en vriendelike besigheidseienaars is ons besoeke aan Hermanus altyd 'n lekkerte."
"Die strandpaadjie met bordjies van vorige besoekers is baie interessant. Skulpe so groot soos my hand op die strand. Dit was die beste gesellige kuier ooit."