Geverifieerde Resensie
Hermanus
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hermanus bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 1081 resensies.
"Kuier altyd baie lekker in Hermanus. Al die nodige winkels om jou reis gerieflik te maak."
"Hermanus is altyd 'n lekker bestemming vir 'n naweekwegbreek-geleentheid. As jy klein kindertjies het sal ek verseker Wonderland Cafe besoek by die Super Plants kwekery."
"Hermanus is my en die vrou se gunsteling wegbreekplek. Met 'n lewendige toeriste ingesteldheid en vriendelike besigheidseienaars is ons besoeke aan Hermanus altyd 'n lekkerte."
"Die strandpaadjie met bordjies van vorige besoekers is baie interessant. Skulpe so groot soos my hand op die strand. Dit was die beste gesellige kuier ooit."
"Die dorp se strate is mooi skoon van rommel en die leegleêrs is bitter min indien enige. Al wat nie aangenaam was nie was die rommel langs die voetpaadjie langs die see Die mense was baie vriendelik in die winkels en op straat. "
"Restaurante moet asseblief op hulle webwerwe aandui indien hulle tydelik weens verbouings gesluit is. Ons wou eers gaan kyk het hoe Bien Tang's Cave lyk voordat ons daar vir ete bespreek. Aangesien parkering op 'n Saterdag langs die seefront skaars is, moes ons ver loop, net om agter te kom dat die hele area waar die restaurant veronderstel was om te wees, omgedolwe was en die restaurant uiteraard gesluit."
"Regte ligging vir rustigheid, maar tog ook baie naby Hermanus vir besigheid en restaurante om na uit te wyk. "
"Rustig en stil, maar naby die gewoel van Hermanus. Dagreise na verskeie plekke (Hemel-en-Aarde, Stanford, Gansbaai) binne maklike bereik."
"Baie poachers. Ons het gesien hoe hulle elke oggend afgelaai word en dan die aand weer opgetel word. Een van hulle het my skoonsuster skrik gemaak. Dit is baie pet friendly en die Mall is naby, asook 'n 24 hour Woolworths."