Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6237 reviews.
"Kan dit gerus as stopplek oppad wildtuin toe gebruik en jy sal definitief meer wild hier sien as in die wildtuin."
"Marlothpark is ideaal as jy naby genoeg aan die wildtuin wil wees vir 'n daguitstappie of twee. Ons het werklik die "bosgevoel" gehad met soveel diere op ons voorstoep. Doen inkopies vooraf, want die winkeltjie in Marlothpark was nie watwonders nie."
"Kiepersol is vir seker dié toeristebestemming. Die eet plekke baie dinge om te sien in die omgewing veral Graskop Lift Co net buite Graskop ongelooflik en natuurlik Harry's Pankakes baie lekker circle roete om te ry. Sabie en Pelgrims baie mooi."
"Toegangroetes is 'n groot probleem. Die N2 (Hendrina oor) is 'n baie gevaarlike, nou pad om by Mkhondo uit te kom/oornag. Alhoewel min slaggate as sulks, is die pad baie ongelyk weens die teer lappieskombers. Saam met hoe troklading en ander oponthoude soos betogings, brandende bande verleng dit aankomstyd by bestemming aansienlik. Dit skep frustrasie by alle motoriste en die padreëls word roekeloos oortree."
"Netjiese, skoon dorpie, dit wat ons kon sien. Pragtige, bergryke omgewing met plantasies. Baie trokke en padverkeer tussen Ermelo en Mkhondo."
"Het nie vir een oomblik onveilig gevoel nie. Sal Marlothpark graag wil sien na die eerste reën. Heerlike dorpie op sy eie."
"Graskop has a number of falls, unfortunately, all are now enclosed and can only be seen from a bird's eye which was a turn-off. However, there are other activities like bungee jumping, ziplining, hiking, horse riding and more that you can do. The town also has a choice of restaurants that serves great food."
"Vir ‘n klein dorpie is daar baie om te doen met baie vriendelike mense!"
"With all due respect but Barberton is a dingy place. We won't be back again. For dinner there is in fact only one restaurant: Namaste. The portion is more than huge. The service is 50/50 (the 2nd time we ate there we waited for 55 minutes before we got our meals, in spite of the fact we were the only guests.) So that was that for us."