Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6178 resensies.
"Ek het in Standerton skool gegaan en was 30 jaar laas daar. Ek was baie geskok in die toestand van die paaie en die agteruitgaan van die dorp. Dit is baie hartseer."
"Baie lekker restaurante. Ons het The mayfly, coachman's, the poacher en the waffleshop besoek. Al drie heerlik! The Bird of Pray rehabilitation Centre was stunning en hulle koffie winkel het lekker Jams en Jellies.."
"Maak nie saak hoeveel keer mens al in Marloth was nie dit bly maar net fantasties met elke kuier."
"As someone who loves the bush, Marloth is a fantastic getaway for people who want the look and feel of the bush at their doorstep. All that was missing was the sounds of lion. There's two small shopping facilites so any holiday goer is well catered for."
"Ons is mal oor Dullstroom om vir naweke uit te span, maar sukkel steeds om die geskikte akkommodasie te kry, wat waarde vir geld is en wat in werklikheid is, soos dit op internet geadverteer word."
"Marlothpark is 'n baie lekker bestemming aangesien daar baie aktiwiteite is in die Park, en jy is op die Krugerwildtuin se voorstoep. Marlothpark ontplof egter behoorlik uit sy nate nou. Daar is baie bouwerk aan die gang. Nuwe huise. Die resultaat is dat daar baie verkeer is - toeriste asook kontrakteurs. Die hoeveelheid nuwe huise wat opgaan beteken ook dat mens se bure nou al nader aan jou kruip. Grondpaaie word ook nie goed deur munisipaliteit in stand gehou nie, dis maar stamperig."
"Marlothpark is die ideale wegbreek. Die diere beweeg vrylik tussen die huise deur en die voëllewe is fantasties. Al die nodige dienste is beskikbaar."
"Soos talle klein dorpies is die verval agter die hoofstraat hartseer, en kan mens maar net hoop dat dit nog ‘n toeriste-aantreklikheid in die toekoms sal bly."
"Die dorpswater kan nie gebruik word nie! Paaie is gemiddeld en die winkels en restaurante is tops!"
"Marlothpark is omring met voëls, diere en naby aan Kruger Park. Die grondpaaie is soms ongemaklik met gate en ongelyk, maar is deel van natuur."
"Kan dit gerus as stopplek oppad wildtuin toe gebruik en jy sal definitief meer wild hier sien as in die wildtuin."
"Marlothpark is ideaal as jy naby genoeg aan die wildtuin wil wees vir 'n daguitstappie of twee. Ons het werklik die "bosgevoel" gehad met soveel diere op ons voorstoep. Doen inkopies vooraf, want die winkeltjie in Marlothpark was nie watwonders nie."
"Kiepersol is vir seker dié toeristebestemming. Die eet plekke baie dinge om te sien in die omgewing veral Graskop Lift Co net buite Graskop ongelooflik en natuurlik Harry's Pankakes baie lekker circle roete om te ry. Sabie en Pelgrims baie mooi."
"Toegangroetes is 'n groot probleem. Die N2 (Hendrina oor) is 'n baie gevaarlike, nou pad om by Mkhondo uit te kom/oornag. Alhoewel min slaggate as sulks, is die pad baie ongelyk weens die teer lappieskombers. Saam met hoe troklading en ander oponthoude soos betogings, brandende bande verleng dit aankomstyd by bestemming aansienlik. Dit skep frustrasie by alle motoriste en die padreëls word roekeloos oortree."
"Netjiese, skoon dorpie, dit wat ons kon sien. Pragtige, bergryke omgewing met plantasies. Baie trokke en padverkeer tussen Ermelo en Mkhondo."