Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6237 resensies.
"Die adrenalienjunkies het hier verskeie opsies en die rustiger natuurliefhebber besoek 'n ware paradys."
"Gaan gooi eerder brandstof by die Caltex vulstasie as by die Engen vulstasie. Toe ons wou brandstof gooi moes ons lank wag vir iemand om ons te kom help. Die plek was glad nie besig nie, maar niemand wou uitkom om ons te bedien nie. Ek en twee ander voertuie het later maar gery na die Caltex stasie toe vir brandstof."
"Besoek Marloth vir die laaste 28 jaar ongeveer 3 keer 'n jaar. Sal die 400 km met plesier ry vir die rustigheid."
"Dit was pragtig alhoewel ons nie alles kon sien nie as gevolg van stakings."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Cronje Cottage"Baie aangename en rustige omgewing. Die mense daar is net anders as in die stede meer vriendeliker en laat 'n mens dadelik tuis voel. Awesome. "
"Fifth or sixth visit to Kaapsehoop over 20 years, always a beautiful and relaxed place to spend a holiday."
"Sal beslis die ou hotel aanbeveel wat kuier en etes betref. Baie goeie waarde vir geld."
"Marloth bly nou maar net ’n diamant van ’n bestemming. Dit verskaf rus vir die siel en soveel meer."
"Marloth park is minute van die Kruger Wildtuin se Krokodilbrug hek af, net met goedkoper en gemakliker verblyf en meer om te doen wanneer die kinders moeg raak vir wildsritte. Marloth is stil en vreedsaam en pure bos - jy mag heel moontlik kameelperde, zebras, blouwildebeeste, rooibokke, muishonde en koedoes raakloop as jy bietjie gaan stap, of sommer op jou stoep as daar 'n voertrof of water naby is. Gaan slaap met die gebrul van leeus in die agtergrond en word wakker met die geroep van die visarend."
"Sabie is 'n pragtige dorpie. Baie sentraal om na al die wonderlike besienswaardighede te gaan kyk en terug te kom vir die aand. Kan nie wag om weer daarheen te gaan nie. Die mense is ook baie vriendelik."
"Sabie is nie meer n mooi dorp nie. Vuil en baie slaggate. Tekort aan buitelandse toerisme het die dorpie ’n knou gegee. Die dorp word nie meer onderhou nie."
"Honestly Graskop is an exciting extreme sport from driving and other activities. It's a great site to see. It gives you life again."
"Ek besoek die Panoramaroete al vir om en by 40 jaar, en dit is net hartseer om te sien hoe die paai versleg. Die besienswaardighede is egter steeds baie mooi!"
"Die dorp self is baie klein, maar jy kan darem die nodigste kos daar kry. Die 2 restaurante wat ons besoek het in die omgewing was fantasties en sal dit vir enige besoeker aanbeveel."
"Ons was elke dag by die Bohemian Groove Cafe. Die etes, drankies en nagereg is smaaklik, ruim porsies en word vrolik voorgesit. Heerlike vakansie-atmosfeer."
"Dullstroom is 'n baie lekker klein dorpie. Genoeg restaurante alhoewel sommige se pryse van Sandton af kom. Het by Mrs Simpson gaan aandete eet, lekker maar duur. Die "Birds of Pry Sanctuary" net buite Dullstroom is 'n moet, maak gerus daar 'n draai. As jy van vleisbraai hou, vat maar jou eie vleis saam. Daar is net een winkel om kruideniers te koop. As jy van eet en "browse" hou, vat 'n goeie boek saam en geniet Dullstroom."
"Don't buy braai wood at the gates to Marlothpark as it's usually wet! Buy from the winkel."
"Marloth Park is baie besig rondom Olifantstraat. Ons verkies om nie meer naby Olifantstraat te bly nie, want die gewoel is net te veel. Die bos-ervaring is reeds daarmee heen. Ons hoop dat die res nog behoue sal bly soos die verblyf nader aan die rivier beweeg."