Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Pragtige dorpie. Gaan eet by Die Plattelander. Oulikste Karoo mense. Heerlike kos. Lekker atmosfeer. Sal beslis weer n draai maak in Colesberg."
"Die talle ou geboue in die dorp is vir my mooi. Die mense is vriendelik en gesels ook vriendelik waar jy stop."
"Het nie Springbok as sulks besoek nie. Dit is egter baie goed geleë vir verblyf indien mens reis na Namibië of blommekyk."
"An unexpected gem! So much diversity in landscape, a must visit province in SA. "
"Lekker geëet Sondagaand by Blou Naartjie. Koop gerus vleis by Calvinia-slaghuis!"
"Ek sal vir seker weer Springbok toe gaan in die toekoms. Dit was 'n ongelooflike ervaring."
"Skoon en rustige stad en die inwoners groet eerste op straat en in winkels."
"Die dorp is regtig baie, baie vuil. Rommel lê orals in die strate rond. Dis regtig erg soos dit daar lyk."
"Wens ons kon nog 'n nag oorbly om Colesberg te kon geniet. Lyk daar is baie oulike eetplekke."
"Baie potensiaal, maar dit moet nog ontwikkel word. Die dorp word nie goed onderhou nie, maar die mense is vriendelik."
"Daar is talle gastehuise, meestal in van die ou huise langs die hoofstraat. Andersins lyk die dorp ongelukkig of dit agteruit gaan. Ons wou graag weer na die massiewe versameling tweedehandse boeke gaan kyk, maar dit is ongelukkig verskuif na 'n ander lokaal waarvan ons onbewus was. Maar die boekefees is die moeite werd!"
"Upington is 'n gerieflike plek langs die Garieprivier en naby aan die Augrabies Waterval NP en die Kgalagadi Oorgrenspark. Die dorp het enige winkel en besigheid wat jy sal nodig kry."