Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7926 resensies.
"Hierdie dorp se gemeenskap staan saam en help mekaar ongelooflik. Ons almal kan kom leer hoe werk spanwerk vir groot funksies. Die gholf Classics is iets waarna ons elke jaar ongelooflik uitsien."
"Mooier, skoner as die volgende twee dorpe op ons rit."
"Ideaal geplaas vir oornagtuiste op roetes wat uitputtend lank is en wat verkieslik oor langer as een dag moet strek."
"Wyn- / brandewynkelders in die omgewing lekker om te besoek, die Koms kokerboomkwekery baie interessant, naby genoeg aan die Augrabies watervalle om daar 'n draai te maak."
"Calvinia se mense het swaar gekry onder 'n lang droogte. Hulle doen baie om toeriste na hulle dorp te lok. Uitstekende oorslaap plek op pad Kgalagadi toe."
"Small town and not much to do but other little towns are in close proximity."
"Ons het vir ons dogter gaan kuier wat daar skoolhou. Dus nie baie in omgewing rondgery nie. Die mense van Fraserburg is egter ongelooflik vriendelik en gasvry!"
"Stil, rustige, netjiese dorpie met vriendelike mense en 'n supermark wat in alle behoeftes voldoen."
"Groot plek en redelik netjies- goed as 'n deurgang na ander plekke. Ons het die mall se netheid geniet."
"Daar is baie onontdekte juwele in die Noord-Kaap wat beslis die moeite werd is om te beleef."
"Was baie verras om die dorp so skoon te sien. Alles het gelyk as of dit so moes wees. "
"Enige negatiewe kommentaar: paaie om Kleinzee nie goed nie, maar die mense in Kleinzee en Port Nolloth so vriendelik en behulpsaam."