Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7926 resensies.
"Ons gunsteling dorp om te oornag tussen Gauteng en die Kaap. Stil en rustig met oulike geskiedkundige geboue. Genoeg restaurante en goeie akommodasie beskikbaar. Die N12 in die omgewing is oorgedoen en is net 'n plesier om hierdie pad te ry teenoor die N1."
"Allards Bistro and Pizzeria het vir ons heerlike kos en 'n gesellige aand voorsien. Van lekker dans tot lekker lag!"
"Min keuses vir restaurant in die dorp, die dorp was baie vuil gewees en albei vulstatsies in die dorp kon ons nie help nie."
"Calvinia en omgewing lyk pragtig na die reën. Vriendelike mense, lekker lamsvleispasteie in Calvinia!"
"Asemrowend mooi. Was daar terwyl die Oranjerivier in vloed was. Sal dit weer wil gaan kyk as dit nie in vloed is nie."
"Besoek die Vosburg as julle kan. Nog iets van outydse atmosfeer en belewenis daar te vinde."
"Net gebruik gemaak as oornagplek en het dus nie verder die dorp en omgewing ontdek nie."
"Die mooi Karoo-omgewing is altyd goed om te beleef. Die dorp se geskiedenis is interessant SA se eerste bekende ramp as gevolg van oorstromings het hier in die 1840's plaasgevind."
"Colesberg het heelwat gastehuise, maar die ander besienswaardighede is maar min."
"Mooi dorpie met interessante winkeltjies en eetplekke en mooi, ou geboue. Die Blou Nartjie Restaurant is fantasties. Die beste lamstjops ooit en die groente en slaaie is heerlik. Personeel is ook baie vriendelik. Calvinia Vleis verkoop heerlike biltong."
"A safe, hospitable and friendly destination. Well worth a visit to experience the unique small fishing village vibe with stunning sunsets and wonderful natural surrounds. We’ll be back!"
"Victoria-Wes is net 'n deurry-dorpie, maar daar is mooi plekke om oor te slaap. Ons wou die stilte en natuur van die Karoo indrink."