Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7926 resensies.
"Skoon en rustige stad en die inwoners groet eerste op straat en in winkels."
"Die dorp is regtig baie, baie vuil. Rommel lê orals in die strate rond. Dis regtig erg soos dit daar lyk."
"Wens ons kon nog 'n nag oorbly om Colesberg te kon geniet. Lyk daar is baie oulike eetplekke."
"Baie potensiaal, maar dit moet nog ontwikkel word. Die dorp word nie goed onderhou nie, maar die mense is vriendelik."
"Daar is talle gastehuise, meestal in van die ou huise langs die hoofstraat. Andersins lyk die dorp ongelukkig of dit agteruit gaan. Ons wou graag weer na die massiewe versameling tweedehandse boeke gaan kyk, maar dit is ongelukkig verskuif na 'n ander lokaal waarvan ons onbewus was. Maar die boekefees is die moeite werd!"
"Upington is 'n gerieflike plek langs die Garieprivier en naby aan die Augrabies Waterval NP en die Kgalagadi Oorgrenspark. Die dorp het enige winkel en besigheid wat jy sal nodig kry."
"Dis 'n mooi dorpie tussen die Hantamberge en 'n mens voet veilig daar. Voorwaar aan te beveel."
"Die dorp Springbok het ons nogal verras, meer funksioneel tussen die koppe as wat ons verwag het. Dit was net 'n oornag plek, het nie die omgewing verder verken nie."
"Ongelukkig was ons net een aand, maar dink daar kan meer tyd met gesin spandeer word."