Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7926 reviews.
"Dit was lekker in die middel op pad Jhb toe, maar lawaaierig. Maar nie 'n slegte keuse vir slegs 'n nag se oorslaap."
"Pragtige dorpie waar mens net kan rustig raak. Jammer ons het net oornag en vroeg oggend gery. Sal volgende keer die dorp wil verken."
"Hondeklipbaai is baie lekker as jy wil weg kom van alles. Ek het nie MTN-sein gehad waaroor ek eintlik bly was. Die winkels wat daar was is net baie duur, maar dit verstaan mens ook want die pad is maar sleg."
"Vir die tyd van die die jaar was daar nie veel te sien nie, maar dit bly lekker om daar te wees."
"'n Rustige en egte Karoodorp, weg van die gejaag, met die nodigste dienste beskikbaar en die mense is so vriendelik en behulpsaam. Dit maak oornagbly in dié omgewing heerlik en aan te bevele."
"Ek kon nie alles sien wat ek wou nie. Tyd is te kort, maar dit wat ek gesien het was puik, en die mense in Upington baie vriendelik. Kom weer terug volgende jaar."
"Geen ander restaurante of kroeg beskikbaar nie. Een vulstasie, maar geen brandstof."
"Ek verneem dit is asemrowend in blommetyd en volgens foto's blyk dit so te wees. Ons was nie in blommetyd daar so kan nie van eerstehandse ondervinding praat nie."
"Good to stay over for our travel from Upington to Baviaanskloof, or any other place on the coast. "
"Ons was regtig beïndruk met Kathu. Skoon en netjies. Ek sal nie omgee om daar te gaan bly nie. Well done Kathu!"
"A nice village with all the necessary conveniences. The garage has a range of other products like fishing gear, bait, car accessories, whatever!"