Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6501 reviews.
"Daar is so baie om te sien en verskillende wynplase om te besoek, asook al die verskillende restaurante. Ons tyd daar was te min en gaan ons dus weer daar 'n draai maak."
"Ons is mal oor Swellendam. Op hierdie toer het ons min tyd in Swellendam self gespandeer, want Swellendam is baie sentraal en ons het dit as basis gebruik vir dagtoere na Malgas, Barrydale, Riversdale en die Robertson-wynroete. As jy net een keer gaan uiteet, maak dit Die Drostdy. Manjifiek! Heerlike kos, lekker wyn en die vriendelikste eienaar- en kok-kombinasie suid van die ewenaar! Die dorp self is so cottagy cute, dat jy sommer net van een straat na die ander kan dwaal en jou verkyk aan die pragtige ou huise en tuine. As Melkbosstranders, is dit lekker naby genoeg vir 'n twee-nag-kuier. Ons sal beslis terugkom."
"Die huis is baie mooi, met net die beste in. Die yskas is net te klein vir 6 mense. Ons kon nie eers 'n pakkie ys in vrieskas kry nie. Die braai-area kort ook aandag en moet meer bruikbaar gemaak word. Verder was dit baie lekker, en Greyton is 'n heerlike dorp met baie vriendelike inwoners."
"Beautiful town to visit if you really want to spend beautiful quality time."
"We travelled via Swellendam and stopped at a few places to enjoy some wine tasting. Van Loveren Wine Estate also has a wonderful restaurant which is set in a beautiful garden. Worth a visit. Excelsior winery also has a lovely tasting deck overlooking a dam. This area is definitely worth a visit, but our two night stay was too short."
"Gaan eet gerus by Eileens en geniet. Lekkerste, vars hake en chips ooit."
"Baie plekke in die omtrek vir voëlkyk: Harold Porter Botaniese Tuine, Stony Point, Kogelberg Natuurreservaat, Rooisand Bird Hide in buurtdorp Kleinmond om 'n paar te noem."
"Vir my persoonlik is Hermanus te besig en ek verkies die buitewyke, daarom het ons Onrus gekies."
"Elgin is uitstekend as 'n toeristebestemming, maar Grabouw self het min aantreklikehede vir toeriste. Baie reisplekke in die omliggende omgewing."
"Pragtige vakansiedorp met die mooiste kuslyn. Nie veel strand- of swem-area nie, maar gerieflikste paadjies om langs die see met jou hondekinders te loop."
"Aangename wegbreek vir 'n naweek. Verskeie opsies om besig te bly of om net te ontspan."
"Pragtige dorpie. Heerlike staproetes. Goeie eetplekkies. Vriendelike mense. Beslis 'n besoek werd."
"Perfect sea side town and a great holiday destination. Not even far to drive from Cape Town."
"Dit is so maai daar. Ons het 'n dassie en pikkewyne in die tuine van die inwoners gesien. Wonderlike plantegroei, mens kan myle ver stap en ook reuseduine klim. Ek sal enige tyd permanent daar wil gaan bly."
"Pragtige dorp en ons daar oorgeslaap om die volgende dag in ons eie woning in te trek in Bettysbaai. "